Generaal Botha [boodskap #121921] |
Wed, 12 December 2018 06:03 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Generaal Botha is/was 'n Suid-Afrikaanse vlootopleidingsentrum. Gestig na die skenking van die vroeëre kruiser, H.M.S. Thames, wat in 1921 buite Simonstad vasgemeer is vir die opleiding van seuns vir die handelsvloot en die Britse vloot. In 1947 is dié instelling na Gordonsbaai oorgeplaas en in 1964 is dit onder die beheer van die Suid-Afrikaanse Vloot geplaas, wat dit na Saldanhabaai verskuif het. Sien Vloot. Suid-Afrikaanse en Suid-Afrikaanse Seevaartkollege.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|