Garies [boodskap #121902] |
Tue, 11 December 2018 05:50 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Garies is 'n dorp in Namakwaland aan die voet van die Kamiesberg, omtrent 50 km (30 myl) van die kus af. Dit is die middelpunt van 'n koringstreek. Die naam is 'n Khoikhoiwoord afgelei van 'n soort plaaslike gras. Gevegte het in die latere stadium van die Tweede Vryheidsoorlog daar naby plaasgevind. Die N7-nasionale pad loop deur die dorp. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 1,103 (569 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|