Fremantle, Professor Henry Eardley Stephen [boodskap #121874] |
Mon, 10 December 2018 15:09 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Professor Henry Eardley Stephen Fremantle was 'n Suid-Afrikaanse geleerde, redakteur en politikus. Gebore in 1874 in Engeland en ontvang opleiding aan Eton en Oxford. Nadat hy diens gedoen het in Wallis en Oxford word hy in 1899 professor in Engels en Filosofie aan die South African College. Fremantle was later redakteur van die South African News van 1903 tot 1908. Hy volg 'n sterk pro-Afrikaanse beleid. Was 'n intieme vriend van generaal Hertzog en een van die weinige Engelssprekende stigters van die Nasionale Party. Oorlede in 1932.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|