Fouriesburg [boodskap #121858] |
Ma, 10 Desember 2018 07:04 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Fouriesburg is 'n dorp in die Oos-Vrystaat. Vernoem na Christoffel Fourie, die eienaar van die oorspronklike plaas. Gestig in 1892. Bekend vir die pragtige natuurskoon van die berge. Is die laaste formele geproklameerde hoofstad van die Oranje-Vrystaat tydens die Tweede Vryheidsoorlog in 1901. Hewige gevegte het in die omgewing plaasgevind en die dorp is amper verwoes. Dit is 'n belangrike sentrum vir koring- en beesboerdery. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,200 (1,600 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|