Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Elandslaagte is 'n boerdery- en steenkoolmynsentrum 16 myl noord van Ladysmith in Natal. Dit lê op die N11-nasionale pad en 'n spoorlyn loop deur die dorpie. Een van die eerste gevegte in die Tweede Vryheidsoorlog het hier plaasgevind op 21 Oktober 1899. Die Boere het swaar verliese gely.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.