Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Elandsboontjie (Elephantorrhiza elephantina) is 'n geoksiel (ondergrondse boom) wat in Suider-Afrika voorkom. Die wortels is deur die Betsjoeanas gebruik vir looiery en die peule as groente. Ander name daarvoor sluit in: baswortel, olifantswortel, elandswortel, leerbossie en looiersbossie.
Die elandsboontjie blom van September tot November en word hoofsaaklik deur die Afrika-heuningby bestuif. Die blomtrosse is tipies beperk tot die onderste deel van die stam, sodat die peule gewoonlik onopvallend op die grond rus.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.