Durbanville [boodskap #121702] |
Sat, 08 December 2018 04:54 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Durbanville is 'n dorp naby Kaapstad, oorspronklik bekend as Pampoenkraal en daarna as D'Urban na goewerneur sir Benjamin D'Urban. Om verwarring met Durban, Natal, te voorkom, is dit in 1888 herdoop na Durbanville. Dit is 'n residensiƫle en boerderysentrum in die vrugbare distrik Koeberg. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,500 (2,250 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|