Dundonald, Generaal-Majoor Graaf [boodskap #121696] |
Vr, 07 Desember 2018 18:06 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Generaal-Majoor Graaf Dundonald (Douglas Mackinnon Baillie Hamilton Cochrane) was 'n Britse soldaat. In 1852 in Skotland gebore en sluit aan by die Life Guards. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog voer hy bevel oor die berede troepe in die South Natal Field Force. Veg by Colenso, aan die Tugela en in die ontset van Ladysmith. Op grond van sy dapperheid, veral by Bergendal in Oos-Transvaal, is hy ses keer eervol vermeld. In later jare het hy 'n tydjie lank in Kanada gedien. Oorlede in 1935.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|