Dundee [boodskap #121694] |
Fri, 07 December 2018 14:36 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dundee is 'n steenkoolmyndorp in Natal, 236 myl van Durban, aan die noordelike kant van die Biggarsberg. In 1880 gestig en vernoem na die tuisdorp in Skotland van die oorspronklike plaaseienaar. Nywerhede sluit in glaswerke en steenmakerye. Die toneel van sommige van die eerste gevegte in die Tweede Vryheidsoorlog, 1899, toe generaal Penn-Symons naby Talanaheuwel gedood is. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 10,943 (3,032 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|