Dewetsdorp [boodskap #121618] |
Tue, 04 December 2018 06:40 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dewetsdorp is 'n dorp in die Oranje-Vrystaat. In 1880 gestig en vernoem na Jacobus Ignatius de Wet, vader van die beroemde Boeregeneraal, C.R. de Wet, wat in die Tweede Vryheidsoorlog in kwaai gevegte daar gewikkel was. Toneel van 'n ongewone misdaad in 1927 toe die stadsaal opgeblaas is deur 'n amptenaar genaamd De Leeuw, wat ter dood veroordeel is op 'n aanklag dat hy die burgemeester en twee raadslede om die lewe gebring het. Dit is 'n belangrike wolsentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,453 (985 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|