De Wet, Jacobus Petrus [boodskap #121617] |
Di, 04 Desember 2018 06:38 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jacobus Petrus de Wet was die Hoofregter van Transvaal. Gebore in 1838 en studeer aan die South African College, aan die Universiteit Leyden en die Universiteit van Londen en in 1863 word hy toegelaat tot die Inner Temple. Met sy terugkeer in die Kaap is hy in dieselfde jaar tot die balie toegelaat. In 1873 word hy Solisiteur-generaal van Kaapland en in 1880 Griffier van Griekwaland-Wes. Kort daarna is sy aanstelling as Hoofregter bestry en gaan hy 'n jaar lank na Ceylon as waarnemende Hoofregter. Op 19 April 1900 in Engeland oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|