Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ?????????
NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8803] Sa, 15 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Kom bieg op die nuusgroep!:

Gedurig lees mens in hierdie rubriek oor die "siel" van die Afrikaner
en wat dit is om 'n Afrikaner te wees. Het Afrikaner wees nog enigiets
met die bybel te doen ? Is daar nog 'n bybel in die huis ?
Besoek die dominee nog ? Het die dominee nog aansien ?

Is julle Kuber-Afrikaners te byderwets vir die kerk deesdae ?

Of sit julle in die kerkbanke en sweet oor jul Apartheid-sondes ?

Of sit julle sommer op die harde kerkbanke en poep en dink aan vanmiddag
se braaivleis ?

Lees julle nog vir julle kinders stories uit die kinderbybel ?

Het julle verval in die bederwetse kak soos aromaterapie en sieners
en "synergy" en sterre en voorspellings en "self-help" boeke en allerhande
pseudo intellektuele stront ?

Noudat dit OK is om sonder 'n hoed kerk toe gaan, waaroor praat die Kerk ?
oor versoening en boetedoening en verontskuldiging of wat ?
Vanwee politiese korrektheid mag mens in Aus nie meer oor die HEL preek nie.

Gaan Madiba kerk toe ? Bid julle vir hom ? (help dit ?)

Julle wat oorsee is, watse interessante tempels van babel is daar ?
of is dit so lekker oorsee dat julle sommer julle christelike kultuur
laat staan het ?

Ek gaan kerk toe. (Ouens wat so baie sondig soos ek behoort eintlik
3 keer op 'n dag kerk toe te gaan). My seun vind stories oor Dawid
en Goliat en Daniel in die Leeukuil baie interessant. Wie wil sy kinders
dit ontneem ? Hulle het die reg om ingelig te word sodat hul self kan besluit.
Gelukkig word mens gered uit genade en nie goeie werke nie,
anders het ek al seker al my gat gesien.
Vir digene soos ek wat aan 'n vreeslike klein, intieme kerkie behoort,
is dit baie interessant. Interessante onderwerpe oor die skepping en
"cloning" en wat-ookal. Ek en die jong dominee gaan dikwels saam
visvang ook.

Australie is 'n vreeslik sekulere (heidense) land. Dit gaan te goed hier,
mense het nie tyd vir kerk nie. Maar hul gryp na waarsegters en pseudo-
religieuse gemors. Die tydskrifte is vol daarvan. Dit is hoog in die mode
om die kerk te blameer vir alles.
Die kerk word voorgestel as 'n skuilplek vir pedofiele (fedo-piele?),
priesters wat gedurig daarop uit is om klein seuntjies te verkrag, ens.
Aan die ander kant word die kerk gekritiseer deur die polities-korrektes:
Die kerk moet mos homoseksuele priesters aanstel en homoseksuele huwelike
voltrek.
Kom jy op 'n sosiale geleentheid is die mees populere sêding "O my God!".
Die kerk (en morele en sedelike waardes), is uit die skole gedryf,
tesame met die rottang en dissipline. Kinders is rigtingloos en stout.

Hier mag jy geen minderheidsgroep se kultuur of gelowe aanstoot gee nie,
(polities korrek) maar jy kan die westerse godsdiens beledig soos jy wil.
Die kerk kry die skuld vir omtrent alles wat in paternalisme aan die
Aboriginees gedoen is. ('n maklike teiken, want die kerk erken skuld,
die regering nie).

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8804 is 'n antwoord op boodskap #8803] Sa, 15 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Mar 1997 09:09:46 GMT, gal...@ibm.net wrote:

My antw volg. Ek praat NET vir myself.
Is nie juis by 'n kerk nie en praat nie mer ander mense daaroor nie so
ek kan nie goed skat wat ander dink nie.

><<Het Afrikaner wees nog enigiets
>met die bybel te doen ?>>>


Nie baie nie. Geld is BAIE belangrik deesdae.

><< Is daar nog 'n bybel in die huis ? >>>

Ja. Le in 'n laai.

><<>Besoek die dominee nog ?>>>

Nee

><<< Het die dominee nog aansien ?>>>

Nee. Persoonlik dink ek die meeste van hulle is parasiete.
Lekker karre, groot pastoriee, vriende met nyweraars in die gemeente.
Verder wara wara wara wara oor allerhande kak wat niks met die strate
van my stad te doen het nie.

><<>Is julle Kuber-Afrikaners te byderwets vir die kerk deesdae ?>>>

Ek is op my manier gelowig maar vind die kerk of 'n versameling van
cliches uit die slegte dele van my kinderjare of jappie-kak.

><<<>Of sit julle in die kerkbanke en sweet oor jul Apartheid-sondes
?>>>


Sweet oor A-sondes!!???
Is jy laf!!
Hulle ontken net dat dit gebeur het.
Het jy nog nie agtergekom dat niemand ooit NP gestem het nie en dat
die wat wel soms dit gestem het dit gedoen het omdat hulle gedink het
die NP het die swartman se voorspoed en menseregte op die hart.
Piet Koornhof het dan selfs sonder om te giggel gese hy het die NP
gejoin en as minister gedien sodat hy beter teen apartheid kon baklei.

><<>Of sit julle sommer op die harde kerkbanke en poep en dink aan
vanmiddag
>se braaivleis ?>>>


Kerkraad=Broederbond (deesdae die Afrikanerbond)=fokken lekker jobs en
rykdom.

><<>Lees julle nog vir julle kinders stories uit die kinderbybel ?>>>

Hulle kry dit by die skool. Het toe hulle baie klein was dit gelees.
Maar Afrikaanse kinderbybels is rerig boring. Griekse legendes is wat
my kinders rerig ge-"grab" het.

><<<>Het julle verval in die bederwetse kak soos aromaterapie en
sieners
>en "synergy" en sterre en voorspellings en "self-help" boeke en allerhande
>pseudo intellektuele stront ?>>>


Baie van hulle is daarin verval ja.

><<>Noudat dit OK is om sonder 'n hoed kerk toe gaan, waaroor praat die
Kerk ?
>oor versoening en boetedoening en verontskuldiging of wat ?>>>


Gee eintlik nie 'n fok om nie. Vermoed dit is beslis nie iets wat
regstreeks aan vandag se probleme gekoppel sal kan word nie.
Watever hulle doen, die doodsonde is waarskynlik nog steeds vir 'n
dominee om iets te se wat omstrede kan wees.

N.S. Iets anders: Het jy al ooit Commando van Deneys Reitz gelees?
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TO [boodskap #8805 is 'n antwoord op boodskap #8803] Sa, 15 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Galjoen!
Jy skryf so in my kraal!
Ek het jou posting 'gaan julle bliksems nog kerk toe' so geniet!
grootneus,deon in los angeles.
Always question! Never simply accept and follow!
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8811 is 'n antwoord op boodskap #8803] So, 16 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Soos Koos (Ferdi) so onomwonde gesteun het:
> On 15 Mar 1997 09:09:46 GMT, gal...@ibm.net wrote:
>
> My antw volg. Ek praat NET vir myself.
> Is nie juis by 'n kerk nie en praat nie mer ander mense daaroor nie so
> ek kan nie goed skat wat ander dink nie.
>
Ek dink wat jy gesê het som nogal op hoe baie voel

> met die bybel te doen ?>>>
>
> Nie baie nie. Geld is BAIE belangrik deesdae.
>
Waar ja

>
Ook waar vir meeste Afrikaners - was egter nog altyd so. Ons ou nasie is
gemaksugtig en wou al lank hê dat die predikant hulle voer van die platvorm af.
Dit is miskien waar baie dinge verkeerd geloop het - ons het nooit eintlik dit
wat van die preekstoel geroggel was gemeet aan wat die Bybel REGTIG gesê het
nie.

> >>
>
> Nee
>
Dit word deesdae oorgelaat aan kerkraadslede om dit te doen - die
Dominee/predikant/pastoor of watookal beskou hom/(haar?)self deesdae as 'n
bestuurder wat moet delegeer om al die werk klaar te kry.

> >
>
> Nee. Persoonlik dink ek die meeste van hulle is parasiete.
> Lekker karre, groot pastoriee, vriende met nyweraars in die gemeente.
> Verder wara wara wara wara oor allerhande kak wat niks met die strate
> van my stad te doen het nie.
>
By die ouer geslag het hulle wel nog aansien. Die jonger geslag dink al minder
aan hulle as "gesante van God". Die jonger gaslag soek na "kerkleiers" wat weet
wat aangaan in die werklike wêreld en iets daaraan probeer doen.

> >>
>
> Ek is op my manier gelowig maar vind die kerk of 'n versameling van
> cliches uit die slegte dele van my kinderjare of jappie-kak.
>
Hmmm... 'n algemene beskouing onder jong Afrikaners

> >>
>
> Sweet oor A-sondes!!???
> Is jy laf!!
> Hulle ontken net dat dit gebeur het.
> Het jy nog nie agtergekom dat niemand ooit NP gestem het nie en dat
> die wat wel soms dit gestem het dit gedoen het omdat hulle gedink het
> die NP het die swartman se voorspoed en menseregte op die hart.
> Piet Koornhof het dan selfs sonder om te giggel gese hy het die NP
> gejoin en as minister gedien sodat hy beter teen apartheid kon baklei.
>
Politiek en die kerk... dit was aanvaarbaar in die Apartheidsjare want
Apartheid is 'n geloofsaak gemaak deur baie kerke. Nou is daar 'n "backlash"
van mense wat voel hulle wil nie weer deur so iets gaan nie. Dit is ook nou
gerieflik vir predikante dat dit so is, want nou hoef hulle nie te sê dat hulle
verkeerd was al die jare en 'n dwaallering ondersteun het van die preekstoel af
nie. As hulle gevra word hoekom hulle dit nie doen nie, dan kan hulle mos maar
sê dat politiek en die kerk nie meng nie ;)

> vanmiddag
>> se braaivleis ?>>>
>
> Kerkraad=Broederbond (deesdae die Afrikanerbond)=fokken lekker jobs en
> rykdom.
>
'n algemene persepsie

> >>
>
> Hulle kry dit by die skool. Het toe hulle baie klein was dit gelees.
> Maar Afrikaanse kinderbybels is rerig boring. Griekse legendes is wat
> my kinders rerig ge-"grab" het.
>
Die bybelstories het dieselfde status - helde, oorlog, goed wat kwaad oorwin
ens. Probleem is die sedige gesiggie wat Afrikaanse kinderbybels daarop sit. Ek
vertel liewer die stories uit die Bybel uit en gee agtergrond - dit maak baie
meer sin vir my seun. Ek het 'n Afrikaanse vertaling van die Iliad - ook
gunsteling leesstof.

> > en "synergy" en sterre en voorspellings en "self-help" boeke en allerhande
>> pseudo intellektuele stront ?>>>
>
> Baie van hulle is daarin verval ja.
>
Weereens waar. Daar is egter 'n groot stroom van jong (en ouer) Afrikaners wat
wegbeweeg van die "Tradisionele" kerk en na sogenaamde "vernuwingskerke" to
gaan omdat hulle voel dat die lering in van daardie kerke meer relevant is. Die
Afrikaner se identiteit was vir baie jare gevestig en 'n groot deel van daardie
identiteit was gesetel in die onfeilbaarhed van die kerk. Die val van Apartheid
het daardie identiteit gestroop en die besef dat die kerk al die tyd to nie so
grênd was soos hulle gedink het nie maak dat die Afrikaner al sy waardes
bevraagteken. Dit laat 'n groot gat in die Afrikaner se waardestelsel. Party
vul dit op deur "alternatiewe" kerke te soek... ander vul dit op deur te peuter
aan al die goed wat Galjoen hier bo genoem het.

> regstreeks aan vandag se probleme gekoppel sal kan word nie.
> Watever hulle doen, die doodsonde is waarskynlik nog steeds vir 'n
> dominee om iets te se wat omstrede kan wees.
>
'n Kerk sonder 'n identiteit. 'n Kerk sonder 'n leerstelling waarvan sy mense
kan seker wees. Splinterkerke wat nuwe identiteit soek en wil oor begin. Jong
predikante wat op groot skaal uit die bediening verdwyn en aansluit by ander
denominasies.

>
> N.S. Iets anders: Het jy al ooit Commando van Deneys Reitz gelees?

N.S. Het jy al ooit die Evangelies gelees sonder die bagasie van eeue se
vertolking deur die kerk? Ewe skielik begin dit iets sê wat relevant en
opwindend is. Beging by Mattheus en lees deur tot in Johannes. Kyk wat het
Jesus regtig gesê. Dan kan jy gaan na die dinge wat Jakobus geskryf het en dan
na Paulus se briewe. Jy sien God is nie 'n kerk nie en die kerk is nie God nie.
Maar laat ek myself keer voor ek preek ;)

-Gideon-
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TO [boodskap #8815 is 'n antwoord op boodskap #8803] Ma, 17 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek het die skrywe mis geloop, plaas dit tog weer.
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8823 is 'n antwoord op boodskap #8811] Di, 18 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 Mar 97 07:46:08 GMT, gide...@xpoint.co.za (Gideon van Zyl)
wrote:

<<<>N.S. Het jy al ooit die Evangelies gelees sonder die bagasie van
.>>>


Ek vat wat jy se sonder vrae.
Wou dit al doen.
Het toe ek te jonk was Job probeer lees. Maar ek het eksistensiele
fireworks daar gesoek wat 'n student kon impress. En dit natuurlik nie
gekry nie.
Wil Job weer lees ook.

Ek het die verwysing na Reitz ingesit eenvoudig omdat ek reken as
Galjoen dit nog nie gelees het nie, sal hy dit waarskynlik ontsettend
geniet. Lees dit nou weer. Sulke helder en sterk prosa. En 'n
wonderlike storie. Wat toevallig 'n feitelike vertelling ook is.

En hy sal die boek oor die net kan bestel van www.amazon.com
Hulle het dit.

Die verwysing daarna was een wat bloot vir gerief daar gesit is en
geensins iets te doen gehad het met wat bo dit staan nie.

(Lees nou die dag in Commando vir my kinders die stuk waar Louis Botha
die laaste "pitched battle" teen die Engelse in die Laeveld geveg het.
Reitz skryf dat hulle vir twee dae onder 'n artellirie-bombardement
gele en bewe het. En op die tweede dag, terwyl die bomme bo en om
hulle bars, was daar nog 'n hewige aarbewing van onder ook.

Dis nadat hulle uit Pretoria is met die Engelse wat op pad is om in
die stad te beweeg. Hy skryf ook 'n stukkie daar van hoe die vlugtende
Boere die stadkern ge-"loot" het. Iets wat ek beslis nooit op skool
van gehoor het nie.)
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8824 is 'n antwoord op boodskap #8803] Di, 18 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waldo van Hoving  is tans af-lyn  Waldo van Hoving
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:
>
> On 15 Mar 1997 09:09:46 GMT, gal...@ibm.net wrote:
>
> My antw volg. Ek praat NET vir myself.
> Is nie juis by 'n kerk nie en praat nie mer ander mense daaroor nie so
> ek kan nie goed skat wat ander dink nie.
>
> met die bybel te doen ?>>>
>
> Nie baie nie. Geld is BAIE belangrik deesdae.
>
>
> >>
>
> Nee
>
> >
>
> Nee. Persoonlik dink ek die meeste van hulle is parasiete.
> Lekker karre, groot pastoriee, vriende met nyweraars in die gemeente.
> Verder wara wara wara wara oor allerhande kak wat niks met die strate
> van my stad te doen het nie.
>
> >>
>
> Ek is op my manier gelowig maar vind die kerk of 'n versameling van
> cliches uit die slegte dele van my kinderjare of jappie-kak.
>
> >>
>
> Sweet oor A-sondes!!???
> Is jy laf!!
> Hulle ontken net dat dit gebeur het.
> Het jy nog nie agtergekom dat niemand ooit NP gestem het nie en dat
> die wat wel soms dit gestem het dit gedoen het omdat hulle gedink het
> die NP het die swartman se voorspoed en menseregte op die hart.
> Piet Koornhof het dan selfs sonder om te giggel gese hy het die NP
> gejoin en as minister gedien sodat hy beter teen apartheid kon baklei.
>
> vanmiddag
>> se braaivleis ?>>>
>
> Kerkraad=Broederbond (deesdae die Afrikanerbond)=fokken lekker jobs en
> rykdom.
>
> >>
>
> Hulle kry dit by die skool. Het toe hulle baie klein was dit gelees.
> Maar Afrikaanse kinderbybels is rerig boring. Griekse legendes is wat
> my kinders rerig ge-"grab" het.
>
> > en "synergy" en sterre en voorspellings en "self-help" boeke en allerhande
>> pseudo intellektuele stront ?>>>
>
> Baie van hulle is daarin verval ja.
>
> regstreeks aan vandag se probleme gekoppel sal kan word nie.
> Watever hulle doen, die doodsonde is waarskynlik nog steeds vir 'n
> dominee om iets te se wat omstrede kan wees.
>
> N.S. Iets anders: Het jy al ooit Commando van Deneys Reitz gelees?

Duidelik kan 'n mens sien dat jy nie meer kerk toe gaan nie want jy weet
nie waarvan jy praat nie as dit kom by dit wat daar aangaan nie.

Ek is in die Gereformeerde Kerk wat die mees konserwatiefste op
teologiese vlak van die drie susters Kerke is. In my gemeente hier op
die platteland word daar elke Sondag in die openbaar vir die regering
van die dag gebid.

Jou Kerkraad = Broederbond dra geen water nie en is slegs 'n afbeelding
van hoe jy dit graag wil he^. Soos Galjoen aandui word die kerk ook nou
hier in SA vir alles blameer deur mense wat nie eers in die kerk is om
die bewerings te bevestig nie.

--
Geniet die dag!
Waldo van Hoving
vHo...@WTKNIS21.ESKOM.CO.ZA
0135-933570
0135-932473 (faks)
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8825 is 'n antwoord op boodskap #8803] Di, 18 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Mar 1997 15:23:41 +0200, Waldo van Hoving
<vho...@wtknis21.eskom.co.za> wrote:

<<>Jou Kerkraad = Broederbond dra geen water nie en is slegs 'n
afbeelding
>van hoe jy dit graag wil he^. >>>


Bly om dit te hoor want dan het die NG-gemeenskap in die afgelope ses
of agt jaar ingrypend ten goede verander.

My vergelyking het ten minste tot redelik onlnags gegeld gegeld ou
swaer. Maar as die Afrikanerbond (sso hy nou genoem word) intussen een
van sy wydste basisse uit die kerke geskuif het, sal dit net goeie
nuus vir die kerke wees.

Ek kom ook van die platteland af.
Ek het ook baie kerk toe gegaan.
Ek het ook Afrikaanse familie

En ek het ook oe" en ore.

(Daai: "Nee, hulle is albei mos by 'n kerkraadsvergadering wat die
hele dag gaan duur..." Dit was natuurlik 'n Saterdag.)

Kan jou ook van 'n werklike voorbeeld vertel van 'n dominee wat iets
teen die NP politiek van die dag geskryf het in die jare 60. So half
gesuggereer eintlik in hoge filosofiese ontledings, soos teoloe mos
maar maak.
Ek van daardie dag het nooit 'n beroep gekry nie.
Hy het gaan naspeur en kan jou van voorbeeld op voorbeeld vertel ou
swaer van waar die Broederbond in die kerkraad sy gat vir hom keer op
keer toegestop het.

Ek sal jou ook kan vertel van mense wat ek persoonlik geken het wat
skielik baie godsdienstig geraak het op die kerkraad gekom het ......
en haai raai skielik in die werk gevorder het ook! Of skielik baie
beter sake begin doen het.
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8826 is 'n antwoord op boodskap #8803] Di, 18 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Mar 97 11:56:02, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

vlugtende Boere alles verwyder het wat deur die Engelse tot hulle voordeel en[/color]
> teen die Boere aangewend kon word.
>
> Ek sien dieselfde woorde word gebruik deur die ES Y BIE SIE in terme van die
> rebelle inval in Kisingani - loot/plunder.
>
> ge-Loot - negatief
> Verwyder - positief>>>

Ag Jisis Lou, kom by asb.
Lyk my die ding is soos tandpyn by jou.
Hier is Deneys Reitz in sy eie woorde:

"As burghers now came galloping past , shouting that the English were
entering by the road above the railway station, I hurried back on
horse back to the centre of town, where I annexed a horse from among
several standing before a shop that was being looted, and absconded
with this remount for my brother."

As dit nie inpas by hoe jy dinge in 1997 wil sien nie, hel, dan is dit
toughies vir jou want dit is in 1902 geskryf. Reitz self is in die
jare 30 oorlede (as ek reg onthou), so jy kan nie eers met hom gaan
stry daaroor nie.

Hier is nog iets vir jou van Reitz: "Towards eleven in the morning
Piet Joubert, the Commandant-General, and his staff rode up to address
us. He started by scolding the men for having looted a farm close by,
and got so worked up that he forgot to tell us what the real object of
his visit had been."

Plunder is gemeen aan alle oorloe. Maak nie saak wie dit doen nie.
Soldate plunder in oorloe. End van prent.
Aanvaar dit dat Boere ook soldat was en ook geplunder het.
Dit maak hulle eenvoudig soos alle ander soldate.
Lyk my die geskiedenis-klasse van die skool sit nog by jou.

Dit is ook gemeen aan die opvoeding wat ek in Afrikaanse skole gekry
het dat ons NOOIT die negatiewe goed geleer is nie en gelaat is met
die idee dat die Boere van daai oorlog rein, hoogs intelligente
krygers van ontsettende eerlikheid en heldemoed was.

My opmerking was ten volle daarop gerig.

(Het jy byvoorbeeld geweet dat 'n relatief hoe" persentasie van die
Boere wat die oorlog aan Boere-kant begin het, volgens geskiedkundiges
aan Engelse kant geveg het aan die einde?

Het jy geweet dat Christiaan de Wet se eie broer aan Boere kant begin
het en teen die einde aan Engelse kant geveg het?)

Daar is nog talle verwysings in die boek na sulke dinge. Onder meer
waar Boere-inwoners van Fauresmith dink ek (nog nie weer by daai deel
uitgekom nie) Reitz se perd gesteel het toe hy in die veld geslaap
het op pad om Smuts in die Kaap te gaan "join".

Dit word egter ten volle oorskadu deur die groter prentjie - en dade
van groot heldemoed en menslikheid aan Boere- sowel as Engelse kant
waarvan hy skryf.

Real is real, china, al strook jou PC van die dag nie daarmee nie.

N.S. Het jy geweet dat selfs soldate van die SAW in die jare tagtig in
Suidwes en Angola ge-"loot" het?
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8827 is 'n antwoord op boodskap #8803] Di, 18 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tierkat  is tans af-lyn  Tierkat
Boodskappe: 12
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
>> "From: gal...@ibm.net
Date: 15 Mar 1997 09:09:46 GMT

Julle wat oorsee is, watse interessante tempels van babel is daar ?
of is dit so lekker oorsee dat julle sommer julle christelike kultuur
laat staan het ?"
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8828 is 'n antwoord op boodskap #8803] Di, 18 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> Dis nadat hulle uit Pretoria is met die Engelse wat op pad is om in
> die stad te beweeg. Hy skryf ook 'n stukkie daar van hoe die vlugtende
> Boere die stadkern ge-"loot" het. Iets wat ek beslis nooit op skool
> van gehoor het nie.)
>

Interesante PC taalgebruik. Van die ander kant sou ons seker kon sê dat die
vlugtende Boere alles verwyder het wat deur die Engelse tot hulle voordeel en
teen die Boere aangewend kon word.

Ek sien dieselfde woorde word gebruik deur die ES Y BIE SIE in terme van die
rebelle inval in Kisingani - loot/plunder.

ge-Loot - negatief
Verwyder - positief

Lou
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8829 is 'n antwoord op boodskap #8803] Di, 18 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
gal...@ibm.net wrote in article ...
> Kom bieg op die nuusgroep!:
>
> Gedurig lees mens in hierdie rubriek oor die "siel" van die Afrikaner
> en wat dit is om 'n Afrikaner te wees. Het Afrikaner wees nog enigiets
> met die bybel te doen ?
Onderskei die bybel van calvinisme. Die bybel, ja; calvinisme, net die ouer
geslag.

Is daar nog 'n bybel in die huis ?
Ja, die familiebybel is 'n nice antique in die sitkamer.

> Besoek die dominee nog ?
Hy het altyd, maar het ons opgegee vir 'n bad job. Dominees hou nie van
stroppy mense wat nie vir hulle wil luister en net argumenteer nie.

Het die dominee nog aansien ?
Nee. Nie in die stad nie, maar wel op die platteland. Want daar's nie
shrinks en support groups op die platteland nie.
>
> Is julle Kuber-Afrikaners te byderwets vir die kerk deesdae ?
Nee, ons het net geleer om vir onsself te dink. En die social/psychological
support structures wat die kerk in die verlede was (want dit het eintlik
bitter min met godsdiens/geestelikeheid te doen) lê nou elders.
>
> Of sit julle in die kerkbanke en sweet oor jul Apartheid-sondes ? Kak.
>
> Of sit julle sommer op die harde kerkbanke en poep en dink aan vanmiddag
> se braaivleis ?
Nog groter kak.

Mind you ek gaan so nou en dan, teen wil en dank na troues toe. Wat 'n
klomp bullshit.
>
> Lees julle nog vir julle kinders stories uit die kinderbybel ?
Ja, maar ook stories uit die baghavad gita. En griekse legendes soos iemand
anders gesê het. En herinner die kinders dat als in die bybel waarskynlik
nie die waarheid is nie. Soos 'n vriendin wie se kinders sondagskool toe
gaan sê: ek moet hulle de-brief na elke sessie.

Dis ook nogal interessant om primal myths van verskillende gelowe vir
kinders te leer.
>
> Het julle verval in die bederwetse kak soos aromaterapie en sieners
> en "synergy" en sterre en voorspellings en "self-help" boeke en allerhande
> pseudo intellektuele stront ?
Whatever works for you baby. Dis die zeitgeist. Gelukkig lyk dit asof jong
afrikaners die gewoonte om altyd te wil voorsê afgeleer het.
>
> Noudat dit OK is om sonder 'n hoed kerk toe gaan, waaroor praat die Kerk
?
Ek hoor die dominees is baie meer verlig as toe ek in die sondagskool was.
Hulle skree nie meer so verskriklik nie. En hulle bid nie meer so lank nie.
En dis nou okay om draad te trek, jy sal nie hare op jou hande kry nie.

> oor versoening en boetedoening en verontskuldiging of wat ?
sal nie weet nie. Maar ek twyfel of hulle graag wil he mense moet vir
hulleself dink. Kerk=politiek=mag. Bottom line.

> Vanwee politiese korrektheid mag mens in Aus nie meer oor die HEL preek
nie.
Halleluja. Is die hemel PC?
>
> Gaan Madiba kerk toe ?
Wie gee om?

Bid julle vir hom ? (help dit ?)
Ek reken so. EK dink dit help. Hei, as daar 'n god is, bly hy in 'n
woonstel in Sunnyside nie ver van die Uniegebou af nie. Hy kyk na Madiba.

In my buurt is die hervormde kerk nou 'n hindoe-tempel, en die NG gemeente
'n moskee. Tot die apostolies in die straat af is nou 'n gym. En ek glo nie
hulle bou kerke teen dieselfde tempo as wat hulle toemaak nie.

Hier is hoe ek die sukses van die kerk meet: Toe ek klein was, het hulle op
sondae-oggende die "beroepe ontvang, beroepe aanvaar" aankondiging oor die
radio gehad. Dan het die omroeper vir so tien of vyftien minute aanhoudend
die name afgelees van al die dominees wat van gemeente verander, of nuut in
die bediening was. Toe ek nou die dag per ongeluk vroeg op 'n sondagoggend
weer daarna luister, toe het die omroeper presies....twee afkondigings om
te maak.

Ek beskou die Afrikaner as 'n baie geestelike mense, maar dit het nou niks
meer met die Kerk te doen nie. Maar dis waarskynlik net waar vir die
stadsafrikaner.

>
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8904 is 'n antwoord op boodskap #8803] Do, 27 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote in article
...
>
> In Article, writes:
>
>> Dis nadat hulle uit Pretoria is met die Engelse wat op pad is om in
>> die stad te beweeg. Hy skryf ook 'n stukkie daar van hoe die vlugtende
>> Boere die stadkern ge-"loot" het. Iets wat ek beslis nooit op skool
>> van gehoor het nie.)
>>
>
> Interesante PC taalgebruik. Van die ander kant sou ons seker kon sê dat die
> vlugtende Boere alles verwyder het wat deur die Engelse tot hulle voordeel en
> teen die Boere aangewend kon word.
>
> Ek sien dieselfde woorde word gebruik deur die ES Y BIE SIE in terme van die
> rebelle inval in Kisingani - loot/plunder.
>
> ge-Loot - negatief
> Verwyder - positief

Ek hoor wat jy sê. Maar ek dink nie ons moet aanneem dat daar _nie_
geplunder is nie.

Soos kooos, het ek ook nie op skool van sulke dinge gehoor nie. Gelukkig
het party van ons groot geword in huise waar hierdie boeke gelees is. Reytz
se Commando is ook in Afrikaans uitgegee on die titel (raai!) "Kommando".

Daar is soveel dinge wat nie op skool geleer is nie dat ek tien jaar gelede
al vasbeslote was dat my kinders nie hul tyd daar moet gaan mors nie.

Ek merk op dat daar in die nuwe handboeke weer ander dinge is wat nie
geleer word nie.

Groete, Leendert
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8905 is 'n antwoord op boodskap #8803] Do, 27 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Mar 1997 09:34:57 GMT, "Leendert van Oostrum"
<oos...@scientia.up.ac.za> wrote:

<<>Soos kooos, het ek ook nie op skool van sulke dinge gehoor nie.
Gelukkig
>het party van ons groot geword in huise waar hierdie boeke gelees is. Reytz
>se Commando is ook in Afrikaans uitgegee on die titel (raai!) "Kommando".>>>


Actually is dit "Reitz" en nie "Reytz" nie.

<<<Commando is ook in Afrikaans uitgegee on die titel (raai!)
"Kommando".>>>


Dekades reeds uit druk uit, egter.
Vorige onderwerp: Re: NUWE RSA - GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ???????
Volgende onderwerp: Re: Ja ons gaan nog kerk toe !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 07:36:56 MGT 2024