Cullinan [boodskap #121533] |
Sa, 01 Desember 2018 16:35 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Cullinan is 'n dorpsgebied by Premiermyn naby Pretoria. Gestig in 1902, vernoem na sir Thomas Cullinan, ontdekker van die myn. Gebruik as 'n militêre opleidingsentrum tydens die Tweede Wêreldoorlog. Groot krygsgevangenekamp vir nagenoeg 80,000 Italianers by Sonderwater daar naby. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,211 (1,393 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|