Chilvers, Hedley A. [boodskap #121443] |
Fri, 30 November 2018 19:03 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hedley A. Chilvers was 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Gebore in 1879 in Engeland. Ontvang opleiding by Dulwich-kollege en beplan 'n musiekloopbaan. Om gesondheidsredes kom hy na Suid-Afrika in 1901 en werk tot 1905 in 'n bank. Sluit aan by die redaksie van die Rand Daily Mail in Johannesburg as musiek- en dramakritikus. Skryf verskeie boeke insluitend: Out of the Crucible, geskiedenis van Johannesburg, The Seven Wonders of South Africa, The Yellow Man Looks On, The Story of De Beers, ens. Later jare is hy mynredakteur van die Rand Daily Mail en Sunday Times. Oorlede in 1941.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|