Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Restaurant
Restaurant [boodskap #8663] Wo, 26 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Binnekort open die deure van die eerste Suid-Afrikaanse
restaurant/winkel in Amsterdam. Die naam daarvan is Indaba en is in die
mondaine Utrechtsestraat. Die offisiele opening word deur die nuwe RSA
ambassadeur in Den Haag, Carl Niehaus (die een wat 7 jaar opgesluit was)
geopen. Die RSA ambassadeur van Duitsland sal ook aanwesig wees. Die
eienaar is Wayne Lee-Warden (sy oupa was die laaste verteenwoordiger van
die naturelle en is toentertyd in die parlement gearresteer). Die
belangstelling is groot. n Verademing, die nuwe houding na jare se
afwysinge en wat my aanbetref belaglike culturele boykot.
Xfiles het niks met die restaurant te doen nie. Dit is alleen maar n
brokkie nuus.

D.P. Brand het n boek oor Afrikaanse idiome geskryf, ek is in besit
daarvan maar my biblioteek is tydelik in verhuiskiste opgeslaan.
Daar was n periode toe my belangstelling uitgegaan het na "The Vanishing
Metaphor" in die algemene taalgebruik. Het julle dit ook opgemerk?

Ek sou graag die geskiedenis van die Ossewa Brandwag wou lees. Kan
iemand my in die juiste rigting stuur.

Groet
Xfiles
Re: Restaurant [boodskap #8664 is 'n antwoord op boodskap #8663] Wo, 26 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Abel du Plessis[2]  is tans af-lyn  Abel du Plessis[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
xfi...@xs4all.nl skrywe:

> Binnekort open die deure van die eerste Suid-Afrikaanse
> restaurant/winkel in Amsterdam.

Ek wonder of hulle eg Suid-Afrikaanse geregte gaan bedien?
By die Grammadoelas restaurant in Joubertpark, Jhb, kon mens vroee"r
'n bord stampmielies en mopaniewurm bestel. Met 'n glas sorghumbier
daarby.
Ek het daar 'n heerlike skaapvleisbredie met die naam Swartsuur
geniet. Kon nog nooit die resep opspoor nie.
Ek wonder hoe die Amsterdammers sal voel oor 'n bord pap en vleis? Of
mielies in warm as gebraai? Of kerrie skaapafval met stampkoring? Of
snoek en patats? Ai, hoe water my mond nou!
>
> D.P. Brand het n boek oor Afrikaanse idiome geskryf, ek is in besit
> daarvan maar my biblioteek is tydelik in verhuiskiste opgeslaan.
> Daar was n periode toe my belangstelling uitgegaan het na "The Vanishing
> Metaphor" in die algemene taalgebruik. Het julle dit ook opgemerk?
>
Ja; ek onthou een uit my kinderdae: 'Sak Sarel, Pa wil 'n uil skiet!'
Dit het my Ma dikwels gebruik as ek met 'n aangedikte storie by die
huis aangekom het.

Groetnis

Abel du Plessis abe...@unison.co.za
Kommetjie
South Africa
Re: Restaurant [boodskap #8677 is 'n antwoord op boodskap #8663] Vr, 28 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Feb 1997 01:27:05 +0100, xfi...@xs4all.nl wrote:
<<>Binnekort open die deure van die eerste Suid Afrikaanse
> restaurant/winkel in Amsterdam. >>>

Hoe lyk die restaurant?
Watter soort kos is daar?
Is dit 'n coffee shop-soort plek?
Is daar boeke ook?
Is daar dalk 'n internet-segment?
Re: Restaurant [boodskap #8689 is 'n antwoord op boodskap #8663] So, 02 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jy kan die opening ( wat vanaand plaasgevind het) op hello Suid-Afrika
of so n program op RSA-TV sien. Daar is n hele program oor die
restaurant gemaak.

Bietjie up-market soort van plek. Verteenwoordig 'n aspek van RSA. Maar ja.
Mooi binne. Gesellig. Geelhout en stinkhout en riempie stoele en banke.
Stoepmeubels sou my oupa gesê het.
Ek sou n shebeen verkies het.
Ek het lankal die tierlantyntjies laat val.
Die menu vind ek nie besonder nie. Maar die ete is lekker en word mooi
beien. Die nuwe potjiekos (nooit iets uit n driepot geëet aan ons tafel
nie, wel op n kamp of in die veld) dis seker n nuwe ding uit die Paarl;
word my vertel. Ook is daar braaidag op Sondag en natuurlik, melktert.
Die tbones is groot en on-nederlands, dus smulle geblazen.
Kom n keer langs.
Xfiles

NS. selfs Die KAT sal 'n paar foto's plaas.

Die party was vrolik en baie NRSA. Die nuwe ambassadeur lyk my n prima
vent. Ek het nog nooit soveel Suid Afrikaners hier in Amsterdam op een
hoop gesien nie. Verbasend hoeveel jong vroue daar was.

groete
xfiles
Vorige onderwerp: Re: Abel oor lekker eet en ander dinge
Volgende onderwerp: Abel oor lekker eet en ander dinge
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 02:49:20 MGT 2024