Baumann, Gustav [boodskap #121116] |
Fri, 23 November 2018 06:07 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gustav Baumann was die Landmeter-generaal van die Republiek van die Oranje-Vrystaat. Gebore in Bloemfontein in 1858, en seun van Isaac Baumann, 'n Duits-Joodse pionier en eerste burgemeester van die stad. Hy studeer aan die Grey Kollege en kwalifiseer as landmeter. As Landmeter-generaal het hy in 1896 die stelsel van eiendomsreg-registrasie vervolmaak. Veg in Tweede Vryheidsoorlog, word gevange geneem en keer na sy praktyk terug. Hy skryf 'n teksboek oor landmeting in 1906. Oorlede in 1930.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|