Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ensiklopedie van Kennis (Doel en werkswyse)
icon1.gif  Ensiklopedie van Kennis [boodskap #121081] Wo, 21 November 2018 17:54 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
/fa/93/0/ Die forum bevat ensiklopediese artikels. Mense wat aangemeld het sal nuwe artikels kan pos en kommentaar op bestaande artikels kan lewer. U sal egter eers moet registreer. As u bestaande artikels wil verbeter (wysig), kan u vra dat die nodige regte aan u toegeken word.

Help ons asseblief om nuwe artikels te pos, die inhoud van bestaande artikels te verifieer en ook verder uit te bou. Saam kan die artikels uitbrei, sodat dit met die beste daar buite kan kompeteer, en sodoende 'n waardevolle bron van kennis vir die nuwe geslag kan agterlaat.

So 'n bietjie agtergrond:

'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis. Die term kom van die Griekse woorde 'εγκύκλιος παιδεία', 'enkyklios paideia' ("in 'n sirkel van onderrig"). Geskrifte met 'n ensiklopediese omvang is al sedert die vroeë menslike geskiedenis saamgestel. Die term, ensiklopedie, is egter eers vanaf die 16de eeu gebruik om na sulke werke te verwys.

Oor die jare is talle ensiklopedieë ook in Afrikaans gepubliseer. Tot met die koms van die internet was 'n stel ensiklopedieë nie net 'n bron van kennis nie, maar ook 'n statussimbool. Dit het huishoudings die kans gegee om oor 'n verskeidenheid onderwerpe na te lees en is deur menige skoliere vir skooltake gebruik.

Vandag gebruik mense hoofsaaklik die Internet om inligting te bekom. Dit is gevolglik noodsaaklik om sulke inligting sover moontlik ook in Afrikaans beskikbaar te maak.

Lys van Afrikaanse Ensiklopedieë:

- Afrikaanse Kinderensiklopedie (A.K.E.), Nasionale Boekhandel Bpk., 1959 (9 boeke)
- Afrikaanse wêreldensiklopedie, 1965
- Die Afrikaanse Kernensiklopedie, 1965
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
- Die Groot Wêreldensiklopedie, 1977
- Wêreldfokus: 'n geïllustreerde ensiklopedie van Suid-Afrika en die wêreld, 1979
- Die beknopte geïllustreerde ensiklopedie van Suid-Afrika, 1981
- Wêreldspektrum, 1982
- Kennis: die eerste Afrikaanse ensiklopedie in kleur, 1987 (verskeie uitgawes met 14 of 17 boekdele).
- Ensiklopedie van die wêreld, 1983 en 1991 (10 boeke)
- Die Groot Geïllustreerde ensiklopedie, 1996, ISBN 0-7981-3586-7
- Feitegids: 'n Kernensiklopedie, Uys, 2007, ISBN 1-86890-065-7
- Die Christelike Kernensiklopedie, Lux Verbi, 2008, ISBN 0-7963-0410-6
- Brittanica Junior, Van Lill (red.), 2010, ISBN 978-1-4150-1412-7
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Jaar onbekend:
- Die Skatkis: Algemene kennis en naslaanwerk, [jaar ontbreek], ISBN 0-7966-0014-7 (4 boeke)
- Junior Skatkis, Die Kinder-Kultuurvereniging (Edms) Bpk. (8 boeke)
- Senior Skatkis ensiklopiedie (9 boeke)
Re: Ensiklopedie van Kennis [boodskap #124964 is 'n antwoord op boodskap #121081] So, 10 Maart 2019 09:18 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Beelde (foto's) kan vanaf Wikimedia Commons na die forum oorgedra word. Vir eers gaan ons slegs beelde wat in die publieke domein is toelaat. Wees dus versigtig om nie Beelde met lisensievoorwaardes waaraan ons nie kan voldoen hier te plaas nie.

Sintaks: [[Beeld:...|beskrywing]]
Vorige onderwerp: Lys van onderwerpe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 17:17:23 MGT 2024