Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Daar kom die wa (die vierperdewa!)
Daar kom die wa [boodskap #121033] Vr, 16 November 2018 06:06
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/64/0/DAAR KOM DIE WA

[Tradisioneel]
Daar kom die wa, die vierperdewa!
Hy het nie naam nie, sy naam moet hy nog kry.
Tant Leentjie draai, stadig swaai, daar onder in die baai,
tant Leentjie draai, stadig swaai, daar onder in die baai.

[1]
Daar kom die wa, die vierperdewa!
Hy kan nie hou nie, hy's glad te swaar gelaai.
Hokaai, hokaai, by die draai -- een om af te laai;
Hokaai, hokaai, briek aandraai, stilhou by die draai.

[2]
Wat dra die wa, die vierperdewa?
Net pure nooi'ntjies, en een moet agterbly.
Hul's ewe fraai -- wie sal raai wie om af te laai?
Laat my maar sê, sonder raai, watter ek wil hê.

[3]
Af klim die nooi, die uitgesoekte nooi.
Sy het nie baas nie -- dis tyd dat sy een kry.
Dit pas 'n baas op 'n plaas om 'n nooi te kry:
Ek het 'n nooi, goed en mooi, en sy's baas oor my.

Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3
Musiek: S.A. Volkswysie;
Verwerk: PIERRE MALAN
Vorige onderwerp: F*k lied 18: Groen is die land van Natal
Volgende onderwerp: Die Oukraal-liedjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:51:10 MGT 2024