Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Idioom: SOETKOEK
Idioom: SOETKOEK [boodskap #8452] Sa, 08 Februarie 1997 00:00
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Idioom: Alles vir soetkoek opeet.

Betekenis: om liggelowig waarhede van 'n ander te aanvaar.

Voorbeeld 1: In die nuusgroep s.c.s-a.a is daar maar weinig deelnemers wat
alles vir soetkoek opeet.

Voorbeeld 2, vertel deur my Afrikaansonnie, Mnr. Erasmus:
Op pad na Upington toe, het 'n slang lans die pad in die motor se
regtekantse voorwiel gepik. Ons het die klapgeluid gehoor en toe ons
stilhou, toe hou die slang hom so styf soos 'n stok na die kant, tande nog
steeds in die rubber. Dis sisgeluid van lug wat uit die buiteband kom was
duidelik te hore. Terwyl ons rondstaan, begin die koperkapel opswel - soos
'n balon, en voordat ons nog kon keer, bars die slang: oorals le^ stukke
slang rond, teen die motor en langs die pad, op my klere! Ons had nie 'n
spaarwiel nie, en nog steeds blaas die wiel af. Hoe nou gedaan? Maar
gelukkig, vanwee die slanggif in die wiel, swel die band toe, en met die
stop die lek in die band en kon ons aanry.
Julle outjies moet tog nie alles vir soetkoek opeet nie!
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
Vorige onderwerp: Speltoetser
Volgende onderwerp: Idioom: ELLENBOOG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:12:52 MGT 2024