Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Di Afrikaanse Taal (gedig)
Di Afrikaanse Taal (gedig) [boodskap #8424] Fri, 07 February 1997 00:00
mcb...  is tans af-lyn  mcb...
Boodskappe: 9
Geregistreer: January 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die digter, uit 'n Amsterdamse Jodefamilie, (wat protestants geword het)
is veral bekend as die skrywer van "Die Sewe Duiwels en wat hulle gedoen
het"

J. Lion Cachet 1838-1912

Di Afrikaanse Taal (Uit "DUBBELLOOP" deur D.J. Opperman en C.J.M
Nienaber)

Ek is 'n arme boeren^oi,
By fele min geag:
Mar tog is ek fan edel bloed,
En fan 'n hoog geslag.
Uit Holland het myn pa gekom,
Na sonnig Afrika;
Uit Frankryk, waar di druiftros swel,
Myn liwe mooie ma.

Hul skel my uit fer Hotnots myd;
Maar ek ge daar ni om;
Want an myn lippiis kan jy siin,
Fan wat geslag ek kom.
Soet floei di woordjiis uit myn mond;
Dit het ek fan myn ma;
Mar as ek bid dan hoor je wel,
Ek is 'n kind fan pa.

Myn sussi, wat uit Holland kom,
Di hou ferniit haar groot:
Di lug is al te skerp fer haar;
Sy is al amper dood.
Di dokters kom nou bymakaar,
Hul maak te saam 'n "Bond";
Mar tog met al di doktery
Word sy nooit weer gesond.

Myn niggi met haar stywe nek,
Di loop in rooi satyn;
En baing jonkmans loop haar na;
Sy denk hiir baas te syn.
Mar as die awentuurtji kom,
Dan is di klomp by my.
Dis "harji" foor en "hartji" na :
"laat ons 'n bitji fry."

As ek mar eers myn fryer het,
'n Digter fol fan moed;
Een wat my om myself bemin,
En ni mar om myn goed;
Wanneer di fryer tot my kom
Fat ek hom by di hand,
En maak ek hom, hoe swak ek skyn,
Nog koning in di land.

Want ek het onder in myn kis
'n Ware towerstaf,
Wat ek nog fan myn ouma het,
En nimand weet daar af.
Hef ek di staf op, "Moedertaal"
Dan folg di land my na:
En ek is net nou koningin
Fan heel Suid-Afrika.

Die spelling is in sy oorspronklike geplaas, soos geskryf gedurende die
eerste Taabeweging. "Bond" = Zuid Afrikaansche Taalbond (1890) ter
bevordering van Hollands.

Waar kan ek 'n kopie kry van "Die Sewe Duiwels......." deur hierdie
skrywer?

DG in ITALY
Vorige onderwerp: Die Slang.....GvK
Volgende onderwerp: "Johannesburg, 1997" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 03:53:21 UTC 2024