Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Afrikaans in die buiteland
Afrikaans in die buiteland [boodskap #6380] Wo, 01 Mei 1996 00:00 na volgende boodskap
Christo van Rensburg  is tans af-lyn  Christo van Rensburg
Boodskappe: 7
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Op die oomblik lyk dit my asof hierdie nuusgroep meer gaan oor "Discussion
in Arikaans" eerder as "Discussion around Afrikaans", behalwe vir die
spelrympies van Freek en Frank wat ek nogal geniet het. Maar dan skryf ek
nog net 'n week hierop in.

Nou wonder ek hoeveel inskrywers van die nuusgroep buite Suid-Afrika woon?
Veral Australie en Nieu-Seeland. Hoeveel van die gebruik Afrikaanse taal
tuis en hoe voel hulle oor die handhawing van die taal?

Nou die dag kry ek 'n email van iemand uit Argentinie - nogal 'n Van
Rensburg - wie se familie sedert net na die Tweede Boereoorlog al in
Argentinie woon. Die persoon wie die email gestuur het is derde generasie,
praat nie meer Afrikaans nie, maar wou hulle familiegeskiedenis navors.

Ekself woon sedert 1985 buite Suid-Afrika, maar stel steeds 'n bietjie
belang aan die Afrikaanse en Dietse taal en kultuur (alle groepe ingesluit).
Weet enigiemand van Afrikaanse webpages, veral buite Suid-Afrika? Vriende
het 'n Afrikaanse radioprogram hier in Sydney, en ek dink vaagweg daaraan om
'n webpage met links na ander sites toe te begin, insluitende sites wat
Afrika kultuur dek.
___________________________________________________
|^^^^^^| / MediasoftmEdiasoftmeDiasoftmedIasoftmediAsoft
| | / Name : Christo van Rensburg
| | / E-Mail : chri...@ozemail.com.au
| (o)(o) / Office : chri...@nswcc.org.au
@ _) __/ Phone : (+612) 799-8668
| ,___| /__ Office : (+612) 334-1975
| / \ Fax : (+612) 334-1912
/____\ \ mediAsoftmediaSoftmediasOftmediasoFtmediasofT
\____________________________________________________
Re: Afrikaans in die buiteland [boodskap #6381 is 'n antwoord op boodskap #6380] Wo, 01 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Christo van Rensburg skryf:

> Nou wonder ek hoeveel inskrywers van die nuusgroep buite Suid-Afrika woon?
> Veral Australie en Nieu-Seeland. Hoeveel van die gebruik Afrikaanse taal
> tuis en hoe voel hulle oor die handhawing van die taal?

Tel my. Ons woon sedert 1984 in Oz en praat Afrikaans tuis - alhoewel die kinders vlotter in
Engels is, geniet hulle die andersheid van Afrikaans wees. Selfs die skoonseun (gebore Oz) ken
al heelwat Afrikaanse woorde. Daar is heelwat Afrikaanse mense op die guoe kus en ek ontmoet
heelparty deur my WWW bladsye - selfs n ou wat saam met my op tukkies klas gedraf het. n Ander
kontak deur hierdie poslys en die WWW is Afrikaanse en Nederlandse mense wat plan maak om hier te
vestig en om inligting en raat vra - meestal deur private e-pos.


> Nou die dag kry ek 'n email van iemand uit Argentinie - nogal 'n Van
> Rensburg - wie se familie sedert net na die Tweede Boereoorlog al in
> Argentinie woon. Die persoon wie die email gestuur het is derde generasie,
> praat nie meer Afrikaans nie, maar wou hulle familiegeskiedenis navors.

As ek my van (Bergh) in "search engines" (Afrikaans iemand ?) opsoek, kry ek heelwat Sweedse WWW
bladsye - die stamland van die Berghs. Ek het al met hulle e-pos uitgeruil maar hulle ontken
enige rekenskap van hulle persoonlike voorsate want "Bergh" is so volop in Swede as wat Van Der
erwe en Botha in Suid Afrika is.

>
> Ekself woon sedert 1985 buite Suid-Afrika, maar stel steeds 'n bietjie
> belang aan die Afrikaanse en Dietse taal en kultuur (alle groepe ingesluit).
> Weet enigiemand van Afrikaanse webpages, veral buite Suid-Afrika? Vriende
> het 'n Afrikaanse radioprogram hier in Sydney, en ek dink vaagweg daaraan om
> 'n webpage met links na ander sites toe te begin, insluitende sites wat
> Afrika kultuur dek.

Laat weet wat dir URL is.

> MediasoftmEdiasoftmeDiasoftmedIasoftmediAsoft

So wat doen jy in Media Soft ? Is jy die "Softie" in Media Soft of the Media ?

----------------------------------------------------
Snail Mail: 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211 Australia
E-Mail : jbe...@onthenet.com.au
URL : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
Phone : 61 7 559 60462 Fax: 61 7 336 81599
Re: Afrikaans in die buiteland [boodskap #6387 is 'n antwoord op boodskap #6380] Do, 02 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Steven R.  is tans af-lyn  Steven R.
Boodskappe: 3
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Christo van Rensburg skryf:
>
>> Nou wonder ek hoeveel inskrywers van die nuusgroep buite Suid-Afrika woon?

Hallo Christo en Julius (en alle andere ook natuurlijk),

Ik ben nog maar sedert een paar weken ingeschreven op de postlijst, maar
ik moet zeggen dat ik spijt heb dat ik het niet vroeger heb gedaan.
Ikzelf ben een Vlaams student die in Engeland studeer, en ik heb altijd
al een passie gehad voor Zuid-Afrika. Ik was erg blij toen er een
officieel einde kwam aan het apartheids regime, want geloof het of niet,
maar toen ik in de jaren 80 aan mensen vertelde dat ik geinteresseerd was
in Zuid-Afrika werd ik dikwijls verkeerd begrepen. Om als
nederlands-talige toen in ZA geinteresseerd te zijn werd je al gauw als
aanhanger van het apartheids regime bestempeld, vooral dan als ik veel
interesse toonde in het Afrikaans.
Ik vind het vooral leuk om in contact te komen met het Afrikaans als taal
en met Afrikaans sprekende mensen in het algemeen. Hier in Engeland kom
ik nooit in contact met het Afrikaans, in Belgie af en toe.
Ik heb vernomen dat onlangs verschillende Vlaamse en Nederlandse
schrijvers en zangers naar ZA zijn getrokken om er op te treden en om de
culturele banden tussen onze landen aan te halen. Ik vind dit erg
positief en ik hoop dat er meer zulke projecten zullen plaats vinden in
de toekomst!
Voor ik het vergeet, wil ik Julius en Christo nog feliciteren met hun
WEB-pages! Ik ben nog nooit in ZA geweest, en het is een van mijn dromen
om dit ooit (hopelijk gauw) eens te doen. Dankzij internet kan ik nu
tenminste wat meer leren over ZA en haar mensen.

Vriendelijke groeten,

STEVEN.
Re: Afrikaans in die buiteland [boodskap #6403 is 'n antwoord op boodskap #6380] Vr, 03 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het in 1965 gekatkeseer by die NG gemeente in Eloffsdal in Pretoria. Ek
sal dit baie waardeer as een van die Pretorianers die telefoon nommer van
die Elofsdal se NG Gemeente kan opkyk. Ek wil die dominee bel.

Terloops, as iemand dalk n foonnommer hier in Australie" wil opsoek, probeer:


http://www.whitepages.com.au/

of:

http://www.yellopages.com.au/

Ek het die wit bladsye nou probeer en wil jy glo, daar is 4 Van Der Merwes
in Sydney, 5 in Brisbane, 4 in Melbourne, 13 in Perth, 2 in Adelaide, en nie
n enkele siel in Tasmanie" nie (dis te koud daar in elk geval). So daar het
jy dit nou: die boere drom saam in Perth want dis nader aan Suid Afrika.
Die winter ree"n laat die Kapenaars seker ook meer tuis voel. :-)


Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
Re: Afrikaans in die buiteland [boodskap #6404 is 'n antwoord op boodskap #6380] Vr, 03 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Ek sal vir jou 'n BMP file saamstuur dan kan jy kyk hoe die
> wapen lyk. As ek dit vir jou in 'n ander vormaat moet stuur
> laat weet net.
>
> Hoop dit help jou 'n bietjie in jou soektog.
>
> Groete.
> Abi Coetzee
> Suid-Afrika

Dankie Abi!

Ek weet nie waie die stamvader van die Coetzees is nie maar te oordeel aan
die moeite wat jy gedoen het, is ek seker hy moes n baie goei ou gewees het!

Dit is nou 3 uur in die oggend hier in Nerang. Ek weet nie eers hoekom ek
wakker geword het nie. Dit moes seker my PC gewees het wat jou boodskap
gesnuif het en my telepaties wakker gemaak het. Ek weet dis twak maar hoe
anders verkaar jy dit ? Ek het nog nooooooit sulke hulvaardigheid ontvang
nie en staan nou hier baie "humbled by the experience" Skies vir die Engels
maar dis al woorde wat ek het om my toestand te beskryf. Vreeslik dankie.
Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
Afrikaans in die buiteland [boodskap #6405 is 'n antwoord op boodskap #6380] Vr, 03 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vir die ouens wat huis toe verlang:

Ek het n versameling prente met Suid-Afrikaanse tonele in JPG formaat wat ek
as n skyfie vertoning "screen saver" gebruik. Dit is nogal 'n
besprekingspunt op kantoor. Mense is gewoonlik beïndruk met die prente en
vra jou dan uit oor waar die plekke is ens.

Ek sal n paar van hulle pos in die nuusgroep:
soc.culture.south-afrika.afrikaans
eerder as hierdie poslys. Ek wil nie hierdie poslys se bandwydte oorlaai
met lêers van 70K en meer nie. Ek weet die prentjies is nou nie juis
"Afrikaans" nie maar nou ja, waar anders ?

Ek sal begin met foto's van Tafelberg vanaf Blouwbergstrand, Pretoria se
Jakarandas, Jonkershoek en Proteas.

As iemand hierdie foto's geniet, laat my weet. As daar 'n aanvraag voor is,
sal ek nog pos.

Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
Re: Afrikaans in die buiteland [boodskap #6406 is 'n antwoord op boodskap #6380] Vr, 03 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Is dit nou die man na wie die duur (Kaapse) "solera"-brandewyn vernoem is?
(en ek probeer beslis nie snaaks wees nie!)

Nog nooit van hierdie lawaaiwater gehoor nie. Wat is die naam ? Olof,
Olaf of O-lekker ? O gits!

e-pos so n doppie of twee (honders) :-)


Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
Re: Afrikaans in die buiteland [boodskap #6414 is 'n antwoord op boodskap #6380] So, 05 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
Christo van Rensburg  is tans af-lyn  Christo van Rensburg
Boodskappe: 7
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
>> Nou die dag kry ek 'n email van iemand uit Argentinie - nogal 'n Van
>> Rensburg - wie se familie sedert net na die Tweede Boereoorlog
(maw aan die begin van die eeu, na 1902)

>> al in Argentinie woon. Die persoon wie die email gestuur het is derde
>> generasie, praat nie meer Afrikaans nie, maar wou hulle familiegeskiedenis
>> navors.
>
> As ek my van (Bergh) in "search engines" (Afrikaans iemand ?) opsoek, kry ek heelwat Sweedse WWW
> bladsye - die stamland van die Berghs. Ek het al met hulle e-pos uitgeruil maar hulle ontken
> enige rekenskap van hulle persoonlike voorsate want "Bergh" is so volop in Swede as wat Van Der
> Merwe en Botha in Suid Afrika is.

Wat baie interissant was van die email uit Argentinie, was dat my Oupa 'n
jaar na die ou wie Argentinie toe geimmigreer het gebore is (1883), en
dieselfde tyd as die persoon 'n krygsgevangene in Indie was. So hulle het
mekaar waarskynlik geken.

Argentinie het op 'n tyd 'n redelike groot Afrikaanse gemeenskap gehad (maar
is nou ver-Spaans). Bolivia, Paraguay en Brasilie het blykbaar almal
redelike Afrikaanse gemeenskappe. (So ook etlike lande in Afrika natuurlik -
Namibia, Angola, Zambie, Zimbabwe, Kenia, ens).

Aan die ende van verlede jaar was ek Suid-Amerika, Europa en Suid-Afrika toe
op 'n rondom-die wereld vliegkaartjie. In Europa het ek die twee dorpe
besoek waar Van Rensburgs veronderstel is om oorspronklik vandaan te kom:
Rendsburg in Sleeswyk, Noord-Duitsland (naby Hamburg) (die onwaarskynlike
oorsprong) en Rijnsburg in Nederland (naby Leiden) (die meer waarskynlike
oorsprong). Sommige mense meen dat die oorspronlike van in Nederland Janse
en/of Jansen was (Jan se seun), en dat dit aan die Kaap Janse/Jansen van
Rensburg geword het.

Beide plekke het baie interissante geskiedenisse. Rijnsburg was 'n taamlik
belangrike setel 'n duisend of so jaar gelede, en in die ou kerk en
munisipale museum kan jy jou familiegeskiedenis navors. Rijnsburg was
blykbaar bekend as die setel van die Christelike beweiging "Collegium of
Piety" (Calvinisties neem ek aan), en Spinoza die wysgeer het daar gewoon
gedurende die tyd dat die eerste Van Rensburgs weg is uit Nederland.

Dit is verder bekend dat die eerste Van Rensburg voor 1708 in die Kaap
aangekom het - die oorspronklike een toe daar getroud met 'n Van der Merwe.
Lang Hans van Rensburg was later een van die bekende Voortrekkers - in 1835
weg uit die Kaap. Nou dink ek is dit een van die 10 "grootste" vanne (in
hoeveelheid) onder Afrikaners in Suid-Afrika.

So ek reken ek het nou net die immigrasie proses voortgesit.

Ken iemand dalk nog ou Van Rensburg geskiedenis wat die oorsprong help verklaar?

Enige inskrywers vanaf Rijnsburg of Rendsburg op die nuusgroep?

Of Afrikaansprekendes in Suid-Amerika of ander Afrikalande?

Groete uit Australia

___________________________________________________
|^^^^^^| / MediasoftmEdiasoftmeDiasoftmedIasoftmediAsoft
| | / Name : Christo van Rensburg
| | / E-Mail : chri...@ozemail.com.au
| (o)(o) / Office : chri...@nswcc.org.au
@ _) __/ Phone : (+612) 799-8668
| ,___| /__ Office : (+612) 334-1975
| / \ Fax : (+612) 334-1912
/____\ \ mediAsoftmediaSoftmediasOftmediasoFtmediasofT
\____________________________________________________
Re: Afrikaans in die buiteland [boodskap #6415 is 'n antwoord op boodskap #6380] So, 05 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
Christo van Rensburg  is tans af-lyn  Christo van Rensburg
Boodskappe: 7
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
>> Weet enigiemand van Afrikaanse webpages, veral buite Suid-Afrika?
>
> Gaan kuier gerus by Bernard : http//www.pix.za/boer/
Dankie Abi. Dit is 'n interissante bydrae, hoewel my eie webpage waarskynlik
die teenoorgestelde kant van die saak sal wys. Oom Bey in plaas van Oom
Paul, jy weet. Interissant om die sien dat die groot Afrikaner skisma nog so
relevant is as altyd.

Dankie ook aan Julius en Ferdi vir julle verwyssings.

Groete

Christo
___________________________________________________
|^^^^^^| / MediasoftmEdiasoftmeDiasoftmedIasoftmediAsoft
| | / Name : Christo van Rensburg
| | / E-Mail : chri...@ozemail.com.au
| (o)(o) / Office : chri...@nswcc.org.au
@ _) __/ Phone : (+612) 799-8668
| ,___| /__ Office : (+612) 334-1975
| / \ Fax : (+612) 334-1912
/____\ \ mediAsoftmediaSoftmediasOftmediasoFtmediasofT
\____________________________________________________
Re: Afrikaans in die buiteland [boodskap #6416 is 'n antwoord op boodskap #6380] So, 05 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
Christo van Rensburg  is tans af-lyn  Christo van Rensburg
Boodskappe: 7
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
>> Op die oomblik lyk dit my asof hierdie nuusgroep meer gaan oor "Discussion
>> in Arikaans" eerder as "Discussion around Afrikaans", behalwe vir die

> aan te haal dat die nuusbediener die berig diskwalifiseer. Maar wat
> is verkeerd met "Discussion in Afrikaans"?
Goeie punt - ek het nie bedoel om te kritiseer nie. Ek onthou nog te goed
die ou dae van FidoNet toe slegs Engels toe gelaat is. Die punt is seker om
selektief te lees.

Goed om te sien dat heelwat Vlaams en Nederlandssprekendes deelneem aan die
groep.
___________________________________________________
|^^^^^^| / MediasoftmEdiasoftmeDiasoftmedIasoftmediAsoft
| | / Name : Christo van Rensburg
| | / E-Mail : chri...@ozemail.com.au
| (o)(o) / Office : chri...@nswcc.org.au
@ _) __/ Phone : (+612) 799-8668
| ,___| /__ Office : (+612) 334-1975
| / \ Fax : (+612) 334-1912
/____\ \ mediAsoftmediaSoftmediasOftmediasoFtmediasofT
\____________________________________________________
Re: Afrikaans in die buiteland [boodskap #6417 is 'n antwoord op boodskap #6380] So, 05 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
Christo van Rensburg  is tans af-lyn  Christo van Rensburg
Boodskappe: 7
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Ek het die wit bladsye nou probeer en wil jy glo, daar is 4 Van Der Merwes
> in Sydney, 5 in Brisbane, 4 in Melbourne, 13 in Perth, 2 in Adelaide, en nie
> n enkele siel in Tasmanie" nie (dis te koud daar in elk geval). So daar het
> jy dit nou: die boere drom saam in Perth want dis nader aan Suid Afrika.
> Die winter ree"n laat die Kapenaars seker ook meer tuis voel. :-)

Etlike jare gelede was hier geen Van Rensburgs in die Sydney telefoonboek
nie. Nou is hier 6.

___________________________________________________
|^^^^^^| / MediasoftmEdiasoftmeDiasoftmedIasoftmediAsoft
| | / Name : Christo van Rensburg
| | / E-Mail : chri...@ozemail.com.au
| (o)(o) / Office : chri...@nswcc.org.au
@ _) __/ Phone : (+612) 799-8668
| ,___| /__ Office : (+612) 334-1975
| / \ Fax : (+612) 334-1912
/____\ \ mediAsoftmediaSoftmediasOftmediasoFtmediasofT
\____________________________________________________
Vorige onderwerp: Ons taal in die buiteland
Volgende onderwerp: Protea - 'n ruiker vir die meisies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 23:19:40 MGT 2024