Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Gebakte sagopoeding
Gebakte sagopoeding [boodskap #120789] So, 23 September 2018 08:15
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
/fa/31/0/Bestanddele:

1 liter melk
250ml sago
1ml sout
75ml suiker
75ml botter of margarien
4 eiers
5ml vanielje geursel
fyn neutmuskaat
75ml fyn appelkooskonfyt

Metode:

Maak melk warm tot net voor kookpunt. Voeg sago en sout by en kook totdat sago deurskynend word.
Roer suiker en margarien by en verwyder van stoof.
Klits eiers en vanielje geursel en voeg by sagomengsel.
Gooi in 'n oondbak en sprinkel neutmuskaat oor.
Sit in 'n pan met warm water en bak vir 45 minute by 160ºC totdat dit ligbruin is.
Bedien met 'n bietjie appelkooskonfyt op elke porsie.

Vorige onderwerp: Klapper-karringmelkbeskuit
Volgende onderwerp: Heuning likeur resep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jan 16 10:48:25 UTC 2022