Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » Ou Boek gesoek
Ou Boek gesoek [boodskap #112242] Sa, 20 Januarie 2007 08:41 na volgende boodskap
Fritz Wuehler  is tans af-lyn  Fritz Wuehler
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
Het iemand verder nuus hieroor?

Zippitie zip jou draad word afgeknip.
RASPOETIEN - Philip de Vos [boodskap #112259 is 'n antwoord op boodskap #112242] So, 21 Januarie 2007 07:09 Na vorige boodskap
Red Ryder  is tans af-lyn  Red Ryder
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
Hierdie is spesiaal vir Fritz (Zippitie zip jou draad word afgeknip) en
Walter die Wonderman skaamteloos gestuur deur Philip de Vos die skrywer van
hierdie versie:

RASPOETIEN *

In die dae voor kommuniste

was daar welbedeelde Ruste,

maar wie is ék nou om te oordeel

oor darie grote Rus se voor deel?

Dié Rus se naam was Raspoetien

en hy had glad g'n slap sardien.

Wie hom sien, gaan glo aan 't gille

oor darie grote bul der bulle.

Maandae had hy Anna, Masja,

Tanja, Kitti en Natasja.

Dinsdae kry Madame von Meck

glo 'n sopsoen oppie bek.

Vroue was vir hom nes ooie,

dán breek hy die Tien Gebooie.

Daarna kielie hy vir Lara

met sy woeste skilferhare.

Raspoetien raak goddelooster

en die mans word al hoe booster.

Ja, dié ou se vryery

moes nou wragtag einde kry.

Sergei voer vir hom arseen,

Lenski skiet hom deur die skeen.

En Vladimir gaan vééls te ver:

Versuip hom eers . en gryp 'n SKÊR!!

Ra, Ra, Raspoetien!

Yslik grote Vrymasjien.

Boos, boos dié man was boos.

Toe sterwe hy katotterloos .


*(als die reine waarheid)

Philip de Vos uit Kat se Blad Human & Rousseau 1999
Vorige onderwerp: Boek vir Gloudina
Volgende onderwerp: Justin Nurse se nuwe boek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 16:00:58 MGT 2024