Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van PHILIP DE VOS
'n Gedig van PHILIP DE VOS [boodskap #8318] So, 02 Februarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Pas op tog
vir 'n boomslang -
('n antie-
of 'n oomslang.)
Die slang kan spoeg.
Die slang kan pik.
Die slang
is vreeslik
ongeskik.
En daarom
bly
'n luislang
nog altyd
steeds maar
my slang.
Die slang kan streel.
Die slang kan druk.
Eers dan sal hy
jou litte insluk.
'n Luislang
is so
gaaf en goed,
wonderbaarlik opgevoed.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Dis al " van JAN F.E. CILLIERS
Volgende onderwerp: Die Slang.....GvK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 22:38:05 MGT 2024