Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Die Slang.....GvK
Die Slang.....GvK [boodskap #8316] So, 02 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Blue Peter[2]  is tans af-lyn  Blue Peter[2]
Boodskappe: 15
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die Slang...... (na aanleiding van Gloudina Brouwer se Luislang)

Ek sê ou sus
het
jy lus
vir 'n stuk
kie vis
of is jy bang
vir die
Rooikop Slang
want waar hy byt
kom kleintjies
uit....

--
'Die herhinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'
Re: Die Slang.....GvK [boodskap #8336 is 'n antwoord op boodskap #8316] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
am...@iafrica.com says...
>
>
> Die Slang...... (na aanleiding van Gloudina Brouwer se Luislang)
>
> Ek sê ou sus
> het
> jy lus
> vir 'n stuk
> kie vis
> of is jy bang
> vir die
> Rooikop Slang
> want waar hy byt
> kom kleintjies
> uit....
>
> --
> 'Die herhinneringe aan Gerhardus
> is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'
>
>

Dankie Bloupiet (alhoewel Gerhard soveel
mooier is) vir die aanbod om vir my vis te stuur.
Kan ek dit neem in die vorm van snoek (een van
die beste dinge van die Suid-Afrikaanse weskus.)
Ek sien jy gaan nou eiehandig ook die digkuns
in Suid-Afrika red. Mooi so. Ek stel net voor dat
'n man met sulke intensies begin praat van die
Kaapse Skiereiland en nie die Kaapse Peninsula
nie. Handhaaf tog maar die ou taaltjie.
Ek wil graag weet waar die aanhaling onder aan
jou brief vandaan kom. Die laaste keer wat ek die
spelling "herHinneringe" gesien het, was dit in 'n
gedig van Gert Vlok Nel ('n digter wat ek baie be-
wonder, alhoewel hy darem ook die rooitaal in sy
gedigte gooi asof sy lewe daarvan afhang.) As die
aanhaling uit 'n gedig kom, kan jy dit vir ons op die
nuusgroep sit?
Alle voorspoed in jou onderneming om Afrikaanse
kultuur en taal en dies meer van ondergang te red, selfs
by Sandy Bay verby.
Gloudina
Re Re :Die Slang.....GvK [boodskap #8337 is 'n antwoord op boodskap #8316] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Blue Peter[2]  is tans af-lyn  Blue Peter[2]
Boodskappe: 15
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Gloudina,
Dankie vir jou teregwysing aangaande 'Pensinsula' Ek het hierdie woord, ook
'trip' gebruik vir die doel om dit vir die Hollander aan wie ek die skrywe
gerig het meer verstaanbaar te maak. Ek sal wel in die vervolg meer noukeurig
let op my taalgebruik.... Alhoewel, ek dink as mens die woord 'Peninsula'
terugvoer na sy wortels sal mens miskien vind dat dit tog nie so 'n anglisisme
is as wat dit voorkom nie. Ek het egter nog nie die ontleding gedoen nie...

So ver as 'herhinneringe' betref, dit is 'n redelike algemene woord sover dit
my aangaan. Die aanhaling self is maar net my eie gedagte....

Dankie vir jou belangstelling.

Vriendelik groete,
Gerhard

On 2/3/97 3:16AM, in message , Izak Bouwer
wrote:

> In article ,
> am...@iafrica.com says...
>>
>>
>> Die Slang...... (na aanleiding van Gloudina Brouwer se Luislang)
>>
>> Ek sê ou sus
>> het
>> jy lus
>> vir 'n stuk
>> kie vis
>> of is jy bang
>> vir die
>> Rooikop Slang
>> want waar hy byt
>> kom kleintjies
>> uit....
>>
Vorige onderwerp: 'n Gedig van PHILIP DE VOS
Volgende onderwerp: Di Afrikaanse Taal (gedig)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 04:09:28 MGT 2024