Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AUSTRALIE: DIE DAG TOE DIT SO BLERRIE WARM WAS....
AUSTRALIE: DIE DAG TOE DIT SO BLERRIE WARM WAS.... [boodskap #8155] Fri, 24 January 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: May 1996
Karma: 0
Senior Lid
As 'n Kangeroe verbygespring kom en jy sien haar kleintjie
het uit haar buidel uitgeklim en klou aan hare ore vas,
dan moet jy weet dis blerrie warm.

Julle het seker gelees dat hier in Australie
met die tennis-kampioenskappe, is dit so warm
dat die hare van die balle afsmelt.
(nie die kangeroe-balle nie, die tennisballe).
Nouja, met nuwejaar was daar 'n ysige koue in Europa
wat rekords daar gebreek het, en terselfdertyd was daar hier
'n hittevlaag wat rekords gebreek het by ons in die suide.
(ek het nog altyd gedink warm lug styg op, en koue sak af,
maar dit is maar 'n deurmekaar wereld).

Op nuwejaarsdag het ons besluit om saam met 'n ander gesin
vir 'n paar dae te ontspan in 'n verlate sinkdakhuisie in die "outback".
'n Dom ding, want ons weet dit word tussen 5 en 10
grade warmer as by die kus. Nuwejaarsdag breek aan en breek 'n rekord:
dis 42 grade by die kus. En toe ons in die verlate heuwels aankom
wys die termometer 45. En dis nog nie eers middag nie.
Ons sluit die huisie oop. Kerse in die huisie is pap-omgebuig,
die kerswas so sag soos klei.

Toe ek probeer om die enjin aan die gang kan kry vir die ligte en waterpomp,
pas die sleutel nie. 5 Minute se gevroetel met sleutels
laat my voel asof ek 50km gehardloop het met geweer en volle mondering
in die army. Ek gee op, my Australiese vriend le^ in die skaduwee -
sy go^ is lankal uit. (Hulle gaan nie army toe nie).
Ek probeer water met 'n emmer uit die sinkdam kry,
maar toe ek aan die dam se warm deksel vat brand ek my soos op 'n stoof.
Toe ons weer kyk is dit 48 grade. In die skaduwee.
En daar is geen yskas nie, geen waaiers nie, niks lopende water nie.

Ons kry almal in die karre en sak af na die naaste ou dorpie toe.
Die kinders se wange is bloedrooi, ek kyk in die spieel en my wange
is nie net rooi nie, my oe is opgeswel. My vrou is so koel
soos 'n komkommer. Sy kom van Upington. Sy kan hitte vat.
Die lugreelaar in die kar werk so hard ek kan die kar nie uit 2de rat
kry nie. Ons kom by die dorpie se swembad aan en almal is daar.
Die kinders swem lekker saam met die Aboriginies.
(In die swembad is almal se snot groen, so wie gee om ?)

Ons koop ys in die dorp en ry toe maar terug, want ek wil potjiekos maak.
By die sinkdakhuisie is die termometer nou al op 50.
Ek kan dit amper nie glo nie. Die sak ys het intussen sommer verdamp.

Ek probeer vuurmaak maar die son brand die vuur dood.
Toe maak ek maar vuur in die skaduwee.
Dit brand gou uit. Ek sit die pot in die son
en dit begin sommer vanself prut.
Niemand is honger nie. Die kinders is lusteloos.
Bruce le^ lui en onbeweeglik op die stoep.
Die vrouens probeer die kinders koelwaai.
Die kaas wat ons saamgebring het, verander in olierige pappery.
Ek skink 'n dop maar die alkohol verdamp voor dit in my keel kom.

In die verte sien ons skape. Hoe warm moet hulle nie kry met hul
woljasse nie ? Ons sien uit na 'n koel aand, maar tot ons ontnugtering
val dit net tot 43 grade want daar is geen wind nie, die lug is doodstil.
Die sterre pragtig. Jagse jagspinnekoppe kom uit en loop rond in die flitslig.
Ek sien die grootste jagspinnekop in my lewe, gelukkig aan die buitekant
van die sifdeur. Toe die dag breek spring almal in die kar.
Bruce lyk verlig, hyt gedink ek gaan nog 'n dag bly - hy wou die vorige
dag al padgee.

By die kus gekom is dit 39 grade. Dis niks. Daar waai 'n seebriesie. Goddank.
Net daar neem ek my voor: Nooit weer sal ek oor die blerrie seebries
kla wat my visvang bederf nie.

vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: AUSTRALIE: DIE DAG TOE DIT SO BLERRIE WARM WAS.... [boodskap #8176 is 'n antwoord op boodskap #8155] Sat, 25 January 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: January 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Jan 1997 12:20:22 GMT, gal...@ibm.net wrote:

Oor die warm dag:
Ek kom van Oudtshoorn af en woon in Johannesburg.
My kinders is dus hier aan die grootword.
Elke keer as die mense hier van 'n hittegolf praat en rondloop en sug
terwyl hulle hulle hande voor hulle gesigte waai, se ek aan my kinders
dis nie warm nie.
Hulle wou my nooit glo nie want die drie kere dat ons oor Desember 'n
draai in Oudtshoorn gaan maak het, het dit gereen en was dit koel en
bewolk (die weer-patrone is bietjie gefok).
Tot die afgelope Desember.
Toe kry hulle vier dae van ordentlike warm Klein Karoo-weer.
Nie die temperature waarvan jy praat nie, maar in daai soort liga.
Nou glo hulle my.

Oor julle aand wat nie kouer geword het nie: Op Oudtshoorn het die
donderweer opgesteek en die wind het begin waai. Maar dit het warm
gebly.
Toe reen dit lekker. Terwyl dit warm bly.
Toe raak dit aand en ons vewag dat die aand en koue die plek gaan
afkoel.
Toe bly dit warm.

Ek onthou daai 40 grade dae terug in die sestigs so by Februarie.
As jy die voordeur so teen 4 uur oopmaak, tref die lug buite die huis
(wat die hele dag bottoe bly) jou soos 'n jet-enjin se uitlaatgas.

Dan gooi jy die deur toe en strompel terug na jou bed toe waar jy weer
neerval.

Jou Australiese vriend was reg. Al wat mens kan doen is om iewers neer
te val en te staar na wat ookal voor jou oe beland.

Die kerse wat gesmelt het, het my impress.

Was dit darem weg van die kus dat dit droe hitte was?
Anders was julle seker dood.

Die veld gee mens mos so 'n indruk dat dit iewers buite sig so
zzzzzzzzz om en om maal.

Daai dae op Oudtshoorn en die relatief kaal veld met aalwyne is die
rede hoekom ek vandag nog geensins hoegenaamd in vetplante enige
belangstelling van watter aard ookal kan he nie.

As jy vetplante eers in hul natuurlike habitat ervaar het as die
enigste suksesvolle plante in jou omgewing, sien jy dit as nie meer as
gevaartekens van ongemaklike omgewings nie.
Re: AUSTRALIE: DIE DAG TOE DIT SO BLERRIE WARM WAS.... [boodskap #8199 is 'n antwoord op boodskap #8155] Mon, 27 January 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 463
Geregistreer: January 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , fe...@is.co.za says...
>
> On 24 Jan 1997 12:20:22 GMT, gal...@ibm.net wrote:
>
> Oor die warm dag:

Ek sien hier word gespog oor warmte.
Laat ek dus vertel van die aand daar in die Noord-
kaap toe die wind my geskroei het twaalfuur in die
nag.
Vir dae was dit al warm. In die aande slaap ons
buite. Daardie aand was die bed nie koel, soos 'n
buitebed gewoonlik is nie. Uiteindelik hoor ek die
wind aankom. Die westewind kom gewoonlik so
tienuur elke aand aangewaai van die koue Atlantiese
Oseaan en bring welkome koelte. Die paar vorige
aande het die westewind nie gewaai nie, daarom dat
die dae al warmer en warmer geword het. Toe ek nou
die wind hoor, dink ek " A, uiteindelik die westewind."
Toe die wind by ons kom, toe skroei die wind 'n mens.
Eers bedek ek my met komberse om die hitte van my
lyf te hou. Daarna vlug ek in die huis in, gaan lê op
die vloer van die spens, wat 'n sementvloer gehad het.
Gaan sit later in die leë bad, om te sien of die enamel
koeler teen die vel sal wees. Ek was nog jonk, maar daar-
die aand het ek gewonder of ek 'n hartaanval van die
hitte sou kry. En dit was twaalfuur in die nag. Ek dink
daardie nag moes die temperatuur teminste 40 C gewees
het. Die volgende dag was dit op Onseepkans 49 C (of
op die ou stelsel 120 F.) Dit was die rekord vir SA tot
op daardie datum. Ek wonder of daardie rekord al ooit
gebreek is?
Galjoen, ek sien jy is getroud met 'n meisie van
Upington. Jy ken 'n goeie ding as jy hom sien! Ek het
'n baie rassistiese teorie: Afrikaners is alreeds uit 'n
baie goeie "gene pool" omdat daar 'n vermenging van
so baie groepe plaasgevind het. Maar die Noordwesterse
"gene pool" is nog gesonder. Want in die laaste honderd
jaar het daar 'n nuwe vermenging gekom van "genes",
toe die een stroom van mense, geïsoleer van die res, wat
stadigaan noordwaarts deur Boesmanland en Namakwa-
land versprei het, in aanraking gekom het met mense uit
baie verskillende dele van SA wat gekom het om op die
eilande van die Oranje te boer.

Gloudina
Vorige onderwerp: OEPSIE KEDOEPSIE
Volgende onderwerp: OEPSIE KEDOEPSIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 09:34:58 UTC 2024