Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Treurgrond (Beste buitelandse taalfilm)
Treurgrond [boodskap #120736] So, 19 Augustus 2018 07:23 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Treurgrond is 'n Afrikaanse rolprent wat in 2015 vrygestel is met Steve Hofmeyr in die hoofrol en Darrell Roodt as regisseur. Die film het R749 286 in sy openingsnaweek by die loket verdien. Daar is ook pas aangekondig dat die prent as die beste buitelandse taalfilm by die 2018-filmfees in Amsterdam aangewys is. Dit het ook die toekenning vir beste kinematografie ingepalm.

Treurgrond vertel die storie van Lukas van Staden (gespeel deur Hofmeyr) wat sy bes doen om sy familie, vriende en plaas te beskerm. Dit wys hoe ineengevleg almal se lewens in die boeregemeenskap is. Sonder die boere en die gemeenskap, sal daar geen kos geproduseer word nie en sal die land nie kan eet nie. Dit vertel verder hoe die boere voortgaan met hul boerdery, ten spyte van die plaasaanvalle en ongenaakbare grondeise wat hulle moet trotseer. Elke moord laat 'n klomp mense sonder heenkome en 'n inkomste.

Intussen het Hofmeyr getweet dat daar 5 plaasaanvalle in die 48 uur ná Treurgrond se nominasie plaasgevind het.

Re: Treurgrond [boodskap #120737 is 'n antwoord op boodskap #120736] So, 19 Augustus 2018 17:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voortrekker  is tans af-lyn  Voortrekker
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 2018
Ligging: Centurion
Karma: 5
Junior Lid

Baie dankie vir die deel. Nou hoe en waar sal mens dit kan sien / kry?
Re: Treurgrond [boodskap #120738 is 'n antwoord op boodskap #120737] So, 19 Augustus 2018 19:16 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dit is op DVD beskikbaar en kan ook aanlyn gekoop word by http://treurgrondfilm.co.za/.
Vorige onderwerp: Trump en Kim ontmoet in Singapoer
Volgende onderwerp: Mandjies en "monkeys"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 10:56:19 MGT 2024