Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Grondonteiening: al weer, nog steeds, of dié keer vir seker?
Grondonteiening: al weer, nog steeds, of dié keer vir seker? [boodskap #120730] So, 12 Augustus 2018 10:59 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die swaard van grondonteiening wat oor mense se koppe hang is niks nuuts in Suid-Afrika nie. In 2003 ('n jaar voor die 2004-verkiesing) is daar byvoorbeeld op dié forum geskryf:

Aanhaling:
Dis nou 'n wet wat ingestel wil word deur die minister, waar grond onteien kan word op die gesag van die minister, sonder dat daar 'n gewillige verkoper en koper kan wees, en sonder dat die staat gedagvaar kan word. Sy verklaar dat dit "net" 'n maatreël is wat ingestel word, maar dat die oorspronklike optrede nog steeds toegepas sal word. Wat eienaardig is, is dat sy hierdie wet suutjies en baie haastig deur die wetgewer wil stoot sonder bespreking in die parlement.

In 2008 (soos klokslag 'n jaar voor die volgende verkiesing) is die volgende geplaas:

Aanhaling:
Indien die regering deurdruk met die wetsontwerp op grondonteiening wat in sy huidige vorm "so blatant ongrondwetlik is", sal die DA dit tot in die konstitusionele hof beveg.

Nou is dit 2018, weereens 'n jaar voor die volgende algemene verkiesing en ons sit met presies dieselfde probleem! Die stryd vir en teen grondonteiening is besig om by die dag feller te raak en dreig nou om hand uit te ruk.

Vanoggend is daar 'n lys van plase bekendgemaak wat vir onteiening sonder vergoeding geoormerk is. Die stemvee is ook duidelik moeg vir die leë beloftes waarvan daar telkens niks kom nie. Dit laat die ANC voor 'n gevaarlike keuse, doen niks en verloor (moontlik) die verkiesing, of druk deur en ruïneer so die land se ekonomie.

Soos dit vir my lyk is dit 'n verloor-verloor situasie en iemand gaan die keer in die slag bly. Is daar enige uitkomkans? Enige manier om ons hierteen te skans of die situasie te beredder? Wat is die beste strategie vorentoe?
Re: Grondonteiening: al weer, nog steeds, of dié keer vir seker? [boodskap #120745 is 'n antwoord op boodskap #120730] Sa, 25 Augustus 2018 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Pres. Donald Trump van Amerika se tweet op 23 Augustus 2018 het nogal aandag getrek:
Aanhaling:
Ek het die minister van buitelandse sake (@SecPompeo) gevra om die grond- en plaasbesettings en die grootskaalse moorde van boere in Suid-Afrika se ondersoek. "Suid-Afrikaanse Regering gryp nou grond van wit boere."

Quote:
I have asked Secretary of State (@SecPompeo) to closely study the South Africa land and farm seizures and expropriations and the large scale killing of farmers. "South African Government is now seizing land from white farmers."

Die Amerikaanse minister van buitelandse het daarna bevestig dat hulle die grondkwessie en plaasmoorde-krisis in Suid-Afrika ondersoek. Heather Nauert, die departement se woordvoerder, het tydens 'n mediakonferensie gesê Trump en Mike Pompeo het die kwessie in die "laaste dag of so" bespreek.

"Die president het die minister gevra om noukeurig te kyk na die huidige stand van aksie in Suid-Afrika rakende grondhervorming. Dit is iets wat al vir baie dekades aan die gang is - die gesprek en debat oor grondhervorming daar. Ek moet noem dat die onteiening van grond sonder vergoeding die risiko inhou om Suid-Afrika op die verkeerde pad te stuur."

Nodeloos om te sê, welvaart kan net met harde werk en goeie beleid geskep word, wat almal in die land sal bevoordeel. Die verdeling en wegneem (eintlik "steel") van eiendom sal net 'n klein groepie vir 'n klein rukkie bevoordeel, maar uiteindelik sal almal daarvoor armer wees.
Re: Grondonteiening: al weer, nog steeds, of dié keer vir seker? [boodskap #120799 is 'n antwoord op boodskap #120745] Sa, 29 September 2018 12:29 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
En toe raak ons agbare presedent die volgende in Amerika kwyt:

Cyril Ramaphosa, 27 Sep '18:
Ons [Trump en ek] het saam by 'n middagete aangesit, so ons het nie werklik tyd gehad het om oor die tweet te praat nie. Dit was net 'n geleentheid om blad te skud, om te vra: "hoe gaan dit?", en so aan. Maar oor die tweet self, dit was duidelik oningelig. Wie ook al hom die inligting gegee het, was heeltemal verkeerd. Daar is geen moord op boere... wit boere in Suid-Afrika nie. Daar is geen grondgryp in Suid-Afrika nie. Ons is besig met 'n proses om grondhervorming in Suid-Afrika te bespreek. Grond was die oorspronklike sonde in die geskiedenis van Suid-Afrika. Ons wil regstel wat baie jare terug verkeerd gegaan het... honderde jare terug toe die grootste gedeelte van die land deur 'n minderheid gekaap is.
Die gedeelte waar hy ontken dat plaasmoorde plaasvind was 'n groot flater! Volgens TLU SA se statistiek is daar vanjaar reeds minstens 43 mense op plase vermoor, waarvan 20 blanke boere was. Volgens die polisie is daar net laas jaar 62 moorde op plase en landbou-kleinhoewes aangeteken.

Die gedeelte oor die minderheid wat die land gesteel het is natuurlik deel van hul politieke agenda. Die regering besig BAIE meer grond as witmense, maar tragies genoeg is die demonisering van wittes steeds goed vir die stembus.

Dis ook interessant hoe die media daarop gereageer het. Volgens Pieter du Toit van Nuus24: "Hy het nie gesê dat daar geen moorde op plase is nie."
Regtig Pieter?
Het hy nie?
Vorige onderwerp: Nou gaan ons braai!
Volgende onderwerp: Suid-Afrika se nuwe dinosourus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:15:43 MGT 2024