Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Wat maak oom Kalie daar?
Wat maak oom Kalie daar? [boodskap #120682] Sa, 21 Julie 2018 10:33
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
WAT MAAK OOM KALIE DAAR?

Woorde: Tradisioneel en C.J. Langenhoven: Vers 1, 2, 3, 4, 5
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978

[Tradisioneel]

Wat maak Oom Kalie daar?
Wat maak Oom Kalie daar?
Oom Kalie steek 'n stywe dop;
hy slaan sy vrou met die handsambok!
Wat maak Oom Kalie daar?

[C.J. Langenhoven]

Wat maak Oom Kalie daar?
Wat maak Oom Kalie daar?
Oom Kalie maak hom klaar vir trou
met Mietjie die kwaai jong wedevrou.
En sy is vir hom klaar.

Wat dra Nig Mietjie daar?
Wat dra Nig Mietjie daar?
Nig Mietjie dra 'n rooi sisrok
en onder die rok 'n handsambok
Oom Kalie dra 'n blaar.

Wat maak Oom Kalie daar?
Wat maak Oom Kalie daar?
Hy's besig om hom vet te smeer,
en sweer: so nooit as nimmerweer
hy's met Nig Mietjie klaar.

Wat skree Nig Mietjie daar?
Wat skree Nig Mietjie daar?
"Oom Kalie," skree sy, "kom tog weer
my hartjie is tog al te seer,
nog seerder as die blaar."

Wat maak die twee nou daar?
Wat maak die twee nou daar?
Oom Kalie steek 'n stywe dop,
Nig Mietjie slaan met die handsambok.
En goed kom hulle klaar.

Vorige onderwerp: Die lied van jong Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Aanstap Rooies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:31:47 MGT 2024