re:afrikaners beswaard oor toekoms [boodskap #7993] |
Fri, 10 January 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
hwa...@burger.naspers.co.za says...
>
> Gloudina, die ewige posser van gediggies, skryf dat Suid-Afrikaners wat
> beswaard is oor die toekoms weer O God van Jakob 'uit volle bors' moet sing.
> Hmm, ja, ek onthou dié gesang was 'n favourite op army-parades en
> republiekfeeste. Hoe gaan dié herinnering my nou eintlik hoop gee vir die
> toekoms?
> herman
Herman,
Is jy 'n analfabeet? Dis nie ek wat Gesang 34
op die nuusgroep gepos het nie, maar Galjoen daar
in Australiëe. Ek wil Galjoen bedank daarvoor. Hoe
gelukkig moet Afrikaans wees om hierdie baie goeie
verwerkings van die psalms en gesange te h^e. As ek
reg onthou, het Totius baie van die werk gedoen.
Jy noem my "die ewige posser van gediggies." Jy
weet, niemand forseer jou om hulle te lees nie. Ek
sal, ten spyte van jou opinie daarvan, voortgaan om die
gedigte te pos. Ek het al van teveel mense gehoor, veral
in die buiteland, wat my bedank dat ek dit doen. Ek
het geduldige helpers wat vir my gedigte stuur - dis 'n
gemeenskaplike projek.
Hoe die sing van " O God van Jakob" vir jou gaan
help in die nuwe Suid-Afrika, laat ek oor aan Galjoen
om vir jou te vertel. Ek vind dit net treurig dat daar 'n
man in SA is vir wie die gesang "tainted" is, omdat hy
dit op "army-parades" en republiekfeeste gehoor het.
Hoelank sal ons nog moet sê: "Cry the Beloved Country."
Gloudina Bouwer
|
|
|
re:afrikaners beswaard oor toekoms [boodskap #7994 is 'n antwoord op boodskap #7993] |

re:afrikaners beswaard oor toekoms [boodskap #7997 is 'n antwoord op boodskap #7993] |
Fri, 10 January 1997 00:00 |
hwa...
Boodskappe: 31 Geregistreer: September 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Gloudina, die ewige posser van gediggies, skryf dat Suid-Afrikaners wat
beswaard is oor die toekoms weer O God van Jakob 'uit volle bors' moet sing.
Hmm, ja, ek onthou dié gesang was 'n favourite op army-parades en
republiekfeeste. Hoe gaan dié herinnering my nou eintlik hoop gee vir die
toekoms?
herman
|
|
|