"Windsbruid" deur Henning Pieterse [boodskap #7982] |
Thu, 09 January 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
WINDSBRUID
( na 'n skildery van Kokoschka)
Henning Pieterse
Dae is leeg gewaai
met die aand knip hy sy oë
en skud die laaste sonstof uit
die wind se baard
wat wolke gevleg het
gaan lê nou soos 'n ou man
verwaaid kyk ek uit
en knip my oë
teen die sagte aand
toe kom jy soos 'n windsbruid ingewaai
en vly jou hare
vol teen my aan
(gepos deur gloudina bouwer)
|
|
|
|
Re: "Windsbruid" deur Henning Pieterse [boodskap #8016 is 'n antwoord op boodskap #7982] |
Sat, 11 January 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , jgde...@clear.net.nz says...
>
> klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) writes: > Gloudina,
>>
>> Nou kan ek ook jou gedigte waardeer.
>>
>> Baie dankie
>> JHV
>
> Ek sou graag meer inligting oor Henning Pieterse wou kry. Ek was in Pretoria
> op skool (Menlopark) en het n Voortrekker offisier gehad met die naam.
> So ver ek weet werk hy vir die dept van buitelandse sake.
>
> En ook dankie vir die gedigte veral die oorlog gedigte aan Gloudina.
>
> AUDAUCES SERVAMUS
> Jules
>
Nee, ek dink nie hy is jou Henning Pieterse nie. Hy is
professor aan UNISA in Pretoria, en hoofredakteur van die
"Tydskrif vir Letterkunde."
Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: "Windsbruid" deur Henning Pieterse [boodskap #8017 is 'n antwoord op boodskap #7982] |
Sat, 11 January 1997 00:00 |
jgdebeer
Boodskappe: 37 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) writes: > Gloudina,
>
> Nou kan ek ook jou gedigte waardeer.
>
> Baie dankie
> JHV
Ek sou graag meer inligting oor Henning Pieterse wou kry. Ek was in Pretoria
op skool (Menlopark) en het n Voortrekker offisier gehad met die naam.
So ver ek weet werk hy vir die dept van buitelandse sake.
En ook dankie vir die gedigte veral die oorlog gedigte aan Gloudina.
AUDAUCES SERVAMUS
Jules
|
|
|