|
Re: Sappige mopaniewurms [boodskap #120654 is 'n antwoord op boodskap #120653] |
Wed, 04 July 2018 08:56 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Diegene wat eerder self die rooiwyn wil drink (eerder as om dit oor wurms te gooi), kan hierdie resep probeer:
Bestanddele:
* Gedroogde mopaniewurms
* Tamaties (gesny)
* Uie (gekap)
* Botter
* Rooirissiesous (na smaak)
* Sout, peper en knoffelsout (na smaak)
Metode:
* Week mopaniewurms in water tot sag.
* Braai uie in botter.
* Voeg res van bestanddele by en prut oor lae hitte tot sag.
Bedien met poetoepap en mampoer.
|
|
|