Nog 'n Oorlogsgedig [boodskap #7942] |
Sun, 05 January 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
SOEBATSFONTEIN
Donald Riekert
Die herder het sy
hande teen die swartdoring
uitgesteek en gesoebat dat
die Boesmanjagters hom nie
sal laat proe aan die
bitteraalwyn Maar op
swart klippers van daardie
fontein het die pyl sy
oophand rooi laat blom
Terwyl ek die bostaande gedig sit en intik, voel ek
my hart seerder en seerder word vir al die menselewens
wat gesneuwel het in oorlogvoer tussen mens en mens
op die suidelike punt van Afrika: gevegte tussen swart
stamme, oorlogvoering tussen swart en wit op die grense,
oorlogvoering van wit teen wit in die Eerste en Tweede
Vryheidsoorloëe. Net in die laaste dekades : 4816 dood
in 'n onnodige grens-oorlog (4785 aan die een kant, 31
aan die anderkant.) Wat 'n onnodige verspilling van
bloed. Wat 'n versaking van dit wat die mens glo van die
dier onderskei.
Maar suider-afrika is nie alleen nie. Hier in Noord-
Amerika was daar gedurige bloedverspilling van die 17de
tot die 19de eeu. Franse teen Engelse, eerste nasies teen
mekaar of teen die witman. Die laaste inheemse mens op
die eiland van Newfoundland was 'n vrou, wat die Engelse
witmense uit die heuwels uitgelok het met die belofte van
presente. En toe sy nou naderkom, toe skiet hulle haar dood.
Wie is dit wat gesê het : " Would it not be nice if one day
they gave a war, and nobody came."
Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: Nog 'n Oorlogsgedig [boodskap #7952 is 'n antwoord op boodskap #7942] |
Mon, 06 January 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 5 Jan 1997 15:40:12 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
> Wie is dit wat gesê het : " Would it not be nice if one day
> they gave a war, and nobody came.">>>
"....imagine all the people living in peace... it's easy if you
try...."
|
|
|