Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van ANTJIE KROG
'n Gedig van ANTJIE KROG [boodskap #7923] Wo, 01 Januarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
MA
Antjie Krog

Ma, ek skryf vir jou 'n gedig
sonder fênsie leestekens
sonder woorde wat rym
sonder bywoorde
net sommer
'n kaalvoet gedig -

want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand
vir jou Here God.
jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie.

(ingetik deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Fragment van BOERNEEF ( I.W. van der Merwe)
Volgende onderwerp: Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 13:52:24 MGT 2024