Potbrood [boodskap #120644] |
Wed, 27 June 2018 12:49 |
|
Boerekok
Boodskappe: 38 Geregistreer: June 2018
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Hier is 'n eenvoudige en maklike resep om potbrood te maak. Heerlik saam met braaivleis of potjiekos.
Bestanddele:
500g bruismeel
1 pakkie beesstertsopoeier
1ml sout
1ml rissiepeper
125ml gerasperde Cheddarkaas
500ml karringmelk
Metode:
Meng al die bestanddele en skep in 'n gesmeerde platboompotjie of in 'n gesmeerde broodpannetjie.
Bak sowat 1 uur tussen die kole of 45 minute in 'n oond by 180°C.
Variasies:
Vervang die beesstertsoppoeier met bruin uiesoppoeier.
Vervang die rissiepeper, kaas en karringmelk met 1 blikkie bier.
|
|
|