Fragment van BOERNEEF ( I.W. van der Merwe) [boodskap #7910] |
Mon, 30 December 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dit spook hier woes met nuwemaan
maar kwaaier nog met donkermaan
drink die kruie sluk die als
maak jou reg vir die spokewals
hierbo by Orlandini se werf
waar Poljon saans sy twak sit kerf
word fees gevier tot daglumier
maar wie en wat op hoe 'n manier
sluk liewer nog 'n groot dop als
en maak jou klaar vir die wisselwals
(ingetik deur gloudina bouwer)
|
|
|