My kat het sy lewe opgeoffer....... [boodskap #7865] |
Mon, 23 December 1996 00:00 |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie is 'n ware verhaal:
Ek het 'n rondloperkat gehad, 'n regte straatkat wat ek opgetel het.
Ek het my oor die arm ding ontferm. Hy was brandmaer, mensku,
het niemand vertrou nie en was gewoond aan baklei vir sy kos.
Ek het hom na Emanuel Kant vernoem (hy was later sommer "Manie").
Na omtrent 2 jaar het hy stadigaan gewoond geword aan ons huislewe,
en begin vet en lui word. Vir 'n straatkat moes ons huis die sewende
hemel wees. Hy het heeldag in die son le en bak.
Hy het egter nog baklei, en toe hy wonde opdoen daarvan het
ons maar sy ballas laat uithaal. Toe word hy nog vetter en luier.
Al wat hy nog kans gesien het voor was om die bure se prima braaivleis
te steel waar dit in die vensterbank ontdooi het vir sy braai.
Ons swart huishulp was gaande oor die kat, die kleur van 'n vaalhaarleeu,
en teen die tyd al so groot soos 'n skaap. Toe ons trek besluit ons toe
om maar die kat aan haar te gee. Haar kinders het die kat vreeslik
interessant gevind, en hulle het hom mieliepap gevoer. (Manie was
glad nie uitsoekerig nie, en het enigiets geeet).
Twee weke of so daarna, het sy egter met die droewige verhaal gekom
dat iemand die kat gevang het en, vermoed sy sterk, hom opgeeet het.
Nou ja. Ons was baie jammer vir die kat, maar dit was vir my ook 'n
les oor hoe belangrik die konteks is waarin jy leef.
Wat vir party 'n troeteldier is, is vir 'n honger maag
'n stukkie vleis. 'n Mens moet 'n oop gemoed he.
Tot nagedagtenis aan Manie.
Van elektroniese kontakdoos tot kontakdoos, vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
|
|
|
|