Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Kerslied deur G.G. CILLIE.
'n Kerslied deur G.G. CILLIE. [boodskap #7860] So, 22 Desember 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
HEIL'GE NAG, SO WONDERSKOON
G. G. Cillie`

Heil'ge nag, so wonderskoon,
God se seun kom by ons woon
as 'n kindjie in 'n stal,
Koning van die groot heel-al.
Halleluja, loof die Heer!

Herders het 'n stem gehoor,
luister na 'n eng'le koor:
Vrede daal op aarde neer
met 'n Kindjie, klein en teer.
Halleluja, loof die Heer!

Wyse manne kom van ver,
volg die rigting van 'n ster,
reis eers na Jerusalem,
vind die kind in Betlehem.
Halleluja, loof die Heer.

Kom nou kinders, almal saam,
laat ons ook na Jesus gaan,
laat ons vrolik hulde bring
en vir Hom ons lied're sing.
Halleluja, loof die Heer.

Uit die F.A.K. Volksangbundel
Musiek aangepas uit "In des hemels hooge zalen"
Jaap Kunst
Woorde deur G.G. Cillie. Dit is nou die man wat almal
in my dae op Stellenbosch Dr. Klein Gawie genoem het.
'n Goeie professor van Wiskunde, volgens my man. Sy
stokperdjie was Sterrekunde, en almal het geweet dat hy
sy somervakansies in Bloemfontein se sterrewag deur-
bring. Daar het hy nuwe dinge ontdek in die Suidelike
hemel. Hy was egter ook een van die beste orrelspelers in
die land, en was offisieel die orrelis in die Studente-kerk
op Stellenbosch. As jy inkom voor die diens, dan was
Dr. Klein Gawie alreeds daar, besig met stukke somtyds
ingewikkelde orrelmusiek, foutloos gespeel. Ek het dan my
o"e styf toegeknyp, sodat ek nie al die hoede en rokke kon
sien waarmee die Studentekerk meestal elke Sondagaand
in 'n modeparade omskep is nie. Dan het ek geluister na
die musiek van Dr. Klein Gawie op sy orrel daarbo op die
balkon, en gedink aan die helder sterre bo Bloemfontein.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: " Sonsverduistering " -- DONALD RIEKERT (with translation)
Volgende onderwerp: 'n Gedig deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 22:03:41 MGT 2024