Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Die Afrikaanse Wikipedia in 2007
Die Afrikaanse Wikipedia in 2007 [boodskap #120629] Wo, 20 Junie 2018 13:07
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die volgende koerantberig het op 21 November 2007 in Rapport verskyn -

Mnr. Jimmy Wales, stigter van die aanlyn-ensiklopedie Wikipedia, verduidelik die groep se planne by 'n praatjie in Johannesburg - geargiveer by http://archive.is/CiGY

Aanhaling:
"Wikipedia behoort sy gebruikers in plaaslike tale te bedien."
Só het mnr. Jimmy Wales, stigter van dié internet-ensiklopedie, die afgelope week in Suid-Afrika gesê.
Hy is hier om Suid-Afrika om die Afrikaanse Wikipedia te bevorder.

"'n Mens se moedertaal bly jou moedertaal. Dit is eenvoudiger makliker om 'n inskrywing oor byvoorbeeld kwantumfisika in Afrikaans of Zoeloe te verstaan, as om dit in Engels te probeer ontsyfer. Daarom wil ons al die kennis in alle tale probeer vaslê," sê hy.

Wikipedia is reeds in meer as 250 verskillende tale beskikbaar. Die Afrikaanse weergawe spog reeds met meer as 8 600 artikels.

Wales het Wikipedia in Januarie 2001 bekend gestel. Dit is nou die agtste gewildste webwerf ter wêreld en word met slegs 'n handvol voltydse personeel en 'n piepklein begroting onderhou.

Die mikpunt is minstens 250 000 inskrywings in elke taal wat meer as 'n miljoen sprekers het. "Eers dan kan dit werklik as 'n ensiklopidie beskou word," sê Wales.

Die Encyclopedia Britannica het sowat 250 000 inskrywings.
Die Engelse Wikipedia, die grootste van al die tale, spog reeds met meer as 2 miljoen artikels.

■ Die Afrikaanse Wikipedia is by www.af.wikipedia.org beskikbaar. - Jana Marais
Vorige onderwerp: Die aanlyn Afrikaanse ensiklopedie
Volgende onderwerp: Die tug van ons kroos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:29:04 MGT 2024