Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » KERSFEES - 'n gedig van Donald Riekert
KERSFEES - 'n gedig van Donald Riekert [boodskap #7739] Ma, 02 Desember 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hier volg een van die mooiste Aankondiginge aan
Maria wat ek nog ooit gelees het, in enige taal:

KERSFEES
Donald Riekert

Drie gemmerkoekies
en 'n glas gemmerbier
'n wit mot draai om
die geel kers en Maria
se twee blou oë staar
na die môreblom die
heuningby draai om
en om haar blou oë
tot hy 'n klontjie
heuning in haar oop mond los

Hierdie gedig beskryf iets so sensueel en tog ook so
heilig, dat dit 'n mens se asem wegslaan.
En die verwysing na Kersfees in die suidelike half-
rond laat die grond vreemd onder jou voete beweeg.
Daardie hope gemmerkoekies, gebak nie net vir Kers-
fees nie, maar ook vir Nuwejaar. Die gemmerbier vir
die warm dae. As 'n mens hier in Kanada praat van
Kersfees vier in Suid-Afrika, en die moontlikheid van
strand toe gaan en swem en waatlemoen-eet en van
kameeldoringbome gebruik vir Kersfeesbome, dan
kom daar vir 'n rukkie soms 'n jaloerse kyk in hulle oë.
Maar dan skud hulle die kop: so 'n ding is 'n aberrasie.
vir Kersfees moet daar sneeu wees, en moet dit vroeg
donker wees, en moet daar dennebome wees. Hoe anders
versier jy 'n Kersboom op die regte manier?

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: 'n Gedig van DONALD RIEKERT oor 'n vrou.
Volgende onderwerp: Twee gedigte uit die Apartheidsjare.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 18:18:25 MGT 2024