2018 FIFA Sokker-Wêreldbekerbeker [boodskap #120618] |
Fri, 15 June 2018 06:24 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Die 21ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi het gister (14 Junie 2018) in Moskou afgeskop. President Vladimir Putin het die toernooi geopen waarna die openingswedstryd plaasgevind het.
Tydens hierdie wedstryd het Rusland vir Saoedi-Arabië met 5 doele teenoor 0 in die grond in gespeel. Die punte is aangeteken deur Yuri Gazinsky, Denis Cheryshev (x2), Artem Dzyuba en Aleksandr Golovin. Rusland se volgende wedstryd sal op 19 Junie teen Egipte in St Petersburg plaasvind.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan kon ongelukkig nie vir die toernooi kwalifiseer nie en neem gevolglik nie deel nie.
Die VSA, Kanada en Meksiko is die dag tevore gesamentlik as die gashere van die 2026-Wêreldbekertoernooi aangewys.
Zazdarovje!
|
|
|
Re: 2018 FIFA Sokker-Wêreldbekerbeker [boodskap #120676 is 'n antwoord op boodskap #120618] |
Sun, 15 July 2018 19:26 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Baie geluk aan Frankryk wat Kroasië 4-2 in die eindstryd verslaan het. Ook aan België wat Engeland met 2-0 in die klein finale geklop het om die 3de plek in te neem.
Dit sluit dan 'n suksesvolle Sokker-wêreldbeker in Rusland af. Die volgende wêreldbeker sal DV in 2022 in Katar aangebied word. Wie weet, miskien sien ons selfs die Bafana Bafana daar.
|
|
|