Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Wintergedig van DONALD RIEKERT
'n Wintergedig van DONALD RIEKERT [boodskap #7725] Wo, 27 November 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In hierdie gedig word daar gepraat van 'n mossie in
die winter wat op die ys van 'n bevrore rotspoel staan.

WINTER

Die mossie pik
vroegoggend by
die rotspoel teen
sy eie snawel vas
skop met sy pootjies
teen sy pootjies vas
en bly praat met
sy maat wat koud bly
le^ in harde water

Vir my hier in die vroegwinter langs die Ottawa-rivier
is hierdie gediggie besonder oulik. Dis omdat ys en die
groeiende ysoppervlaktes 'n bron van genot en wonder
word. Jy stap in 'n park en 'n lagie ys het op 'n water-
poel gevorm en jy wonder hoe dun die lagie ys is. Ek
toets dit deur 'n pennie daarop te sit en te kyk of dit
deur die ys val. Dan dink ek terug aan my kleindae daar
in die Noordweste, en die ontdekking van 'n yslaag op 'n
emmer water wat in die nag buite gelos is. Dus moes die
temperatuur die nag onder vriespunt gedaal het! Hoe kon
ek sulke koue nagte staan, dink die bedorwe Kanadees
wat in 'n egalige sub-tropiese binneshuise temperatuur
bly, en seker nooit weer 'n Suid-Afrikaanse winter in 'n
onverhitte huis sal kan oorleef nie.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: 'n Gedig oor broers van DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: Klara Majola - gedig is 'n monument in Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 16:27:41 MGT 2024