Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Films van vandag
Films van vandag [boodskap #7712] Ma, 25 November 1996 00:00 na volgende boodskap
Bennie Rothmann[2]  is tans af-lyn  Bennie Rothmann[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
Die probleem van vandag se films is dat dit gemaak is vir die groot
skerm waar visuele en klank-effekte tot sy reg kom. Soms is daar nie
veel aan die storie nie, maar die sukses is die impak wat dit op die
fliekganger maak wat die mense laat stroom na die fliekhuise.

Tipiese voorbeelde is films soos Twister, ID4, Dragonheart, ens.
(Omtrent al die blockbusters wat van rekenaar-effekte gebruik maak).
Verbeel jou om een van hierdie films op 'n video te kyk. Dit sal net
nie dieselfde effek he nie.

Dit is maar hoe die moderne mens van vandag inligting inneem. Met
dinge soos TV, interaktiewe rekenaarprogamme, ens. word ons te lui om
iets te lees as daar nie 'n prentjie by is nie. Vandag se mense wil
dit "ervaar" - hulle wil nie net 'n observeerder wees nie maar 'n
deelnemer.

Ten opsigte van visuele effekte wil ek ook die volgende sê:

In die dae toe visuele effekte maar bra skraal en onontwikkel was, het
hulle 'n monster of onnatuurlike wese baie vaag voorgestel - dalk 'n
donker beweging, 'n skaduwee gehurk teen 'n muur, 'n gesnork agter 'n
boom, 'n poot wat net gedeeltelik uitsteek, ens. Dit het jou behoorlik
op jou senuwees gemaak, want jy as kyker weet nie presies wat hierdie
ding is nie, maar jy weet hy is daar. Jou verbeelding vertolk hierdie
misterieuse ongedierte na iets wat jy werklik vrees - 'n suggestie.
Die filmmaker skep net die raamwerk, maar jou verbeelding vul in al
die detail - die vleis aan die geraamte. Volgens my het dit 'n groter
impak as om die ongedierte heeltemal ten toon te stel.

Met die ontwikkeling van rekenaartegnologie (morphing, CGI, digitale
beeld-manimuplasie, ens.) is dit makliker om onnatuurlike dinge voor
te stel. In vandag se films wys hulle egter die ongediertes sommer
direk van voor - sonder enige misterieusheid of geheimsinnigheid. Kyk
maar na die alien films soos Alien 3 en ID4 of ander films soos
Jurassic Park en Dragonheart. Daar is nie veel aan die verbeelding
oorgelaat nie. In hoe 'n mate verloor dit sy effek?

Ter opsomming - ek voel dat vandag se films ontbreek aan werklike
goeie stories - veral waar visuele effekte prominent is.

(Daar is egter een film wat ek baie geniet omdat ek eers die knoop in
my brein moet ontrafel voordat ek dit kon verstaan - Twelve Monkeys).

Enige kommentaar is welkom.

Groetnis

Bennie Rothmann
ben...@new.iscorltd.co.za
Re: Films van vandag [boodskap #7716 is 'n antwoord op boodskap #7712] Di, 26 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
vygie  is tans af-lyn  vygie
Boodskappe: 7
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek stem saam met jou, 12 monkeys was besonders.

Na al die vermaaklikheidstegnologie wat jy genoem
het, kom daar nog virtual reality. Die medium sal
seker binne 10 jaar algemeen kommersieel raak.

Ek sien uit daarna en gaan beslis n VR eenheid
koop sodra dit bekosbaar word.

MAAR, ek sal nooit ophou lees nie. Die gevoel van
n nuwe boek in my hande, en die vryheid van
eie vertolking is 'n private vryheid en het geen
perke. (ek noem dit kaalvoet in die kop).

Die massas is voor gesorg en word goed deur
die media om die bos gelei.

Terwyl die massas sit en tv/vid kyk,
vergader die alternatiewe siel
om te skep, te intergreer.

groete
======================
plant 'n boom - plant 'n boek
======================
Vorige onderwerp: Re: Films van vandag
Volgende onderwerp: SABC en tale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 12:19:44 MGT 2024