Adam en Eva [boodskap #120439] |
Thu, 19 March 1998 00:00 |
J Coetzer
Boodskappe: 1 Geregistreer: March 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
'n Dominee moes sy eerste preek lewer, maar was baie bang dat hy sy
woorde sou vergeet. Hy vra toe een van die kleiner seuns om sy notas vir
hom vas tehou tewyl agter'n ruiker staan en preek. Die plan het gewerk
soos 'n bomb, niemand het die seuntjie sien wegkruip in die ruiker nie.
Die dominee het begin om die gemeente te vertel van Adam en Eva in die
tuin van eden. Soos die tyd verby gaan word die seuntjie maar moeg, en
dit was nie lank nie en hy slaap met die notas tussen die blare van die
ruiker. Op die tydstip beklemtoon die dominee sy redenasie en sê : "En
Adam sê vir Eva..." Maar hy vergeet sy woorde en die notas is agter 'n
blaar van die ruiker. Die dominee herhaal sy woorde om die seuntjie te
laat wakker skrik : "EN ADAM Sê VIR EVA.." Tot die gemeente se
onsteltenis sê hy :"Vat weg die blaar man, ek wil sien!"
|
|
|