Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van ANTJIE KROG
'n Gedig van ANTJIE KROG [boodskap #7587] Do, 07 November 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die deel van suidelike Afrika waarna in hierdie
gedig verwys word, is nie in Suid-Afrika nie, maar
in Lesotho.

SENDELINGARGITEK
Antjie Krog

bedags loop ons uit in die son
- jy met jou altviool-oë en alp-gladde hare
ek met my aksent
dan loop ons uit tussen vreemde lepels
en geponiede komberse
oor berge wat kneukels trek
onder misrook en kraaie
in wit kano's dryf ons oor die onkunde
oor dae wat gedoilie lê met vrede
met bashemane agter die bokke
met troppe nguni-beeste
bruin duwweltjies teen die hellings
met skeermes-landjies teen Thaba-Tseka
teen Thaba-Putsoa
en Butha Buthe
maar snags: snags
keer ons terug na die wit pastorie op Morija
snags braai ons kreef in franse wyn
snags lê ons tussen handgeweefde tapisserie
tussen le corbusier en frank lloyd wright
verdwaal in mekaar se arms
verlore in mekaar se oë
besig om te klim
na die hoogste
spits
van beskawing.

(ingetik deur gloudina bouwer)
Re: 'n Gedig van ANTJIE KROG [boodskap #7613 is 'n antwoord op boodskap #7587] Sa, 09 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Love is a many splendoured thing. Is jy verlief gloudina, met al die
liefdegedigte. Ek geniet daarvan!
XF
Vorige onderwerp: Sex en Sarie Marais
Volgende onderwerp: 'n Gedig van P. J. PHILANDER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 09:07:44 MGT 2024