Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: Weermag lê terroriste aanslag bloot
Die Afrikaner: Weermag lê terroriste aanslag bloot [boodskap #7517] Fri, 25 October 1996 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: June 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutse uitgawe van Die Afrikaner is beskikbaar by
http://www.hnp.org.za/afrikaner

'n Uitreksel volg.

************************************************************ *************
Weermag lˆ terroriste-aanslag bloot

GENL.-MAJ. BRIAN MORTIMER van die Weermag het in 'n voorlegging
aan die Tutu-kommissie aangetoon met welke bedreiging Suid-Afrika
te doen gehad het tydens die terroriste-aanslag teen die Blankes
in Suid-Afrika. Dit onderstreep die selektiewe wyse waarop die
Tutu-kommissie hom slegs daarop toespits om van slegs een kant
die Blanke te veroordeel vir sy rol in die stryd teen terrorisme.
Genl. Mortimer begin by die stigting van die ANC in 1912 en die
SAKP IN 1921, en toon hoe hulle, nadat hulle in die vyftigerjare
verban is, ondergronds gegaan het en op die grondslag van die
Freedom Charter 'n terroristestryd gevoer het. Hy verwys
spesifiek na die "M-plan" (Mandela-plan) waarby ingesluit is
Operasie Mayibuye. Dit het uitgeloop op die stigting van
Umkontho we Sizwe (MK), die militˆre vleuel van die ANC wat vir
oorgrote getal gruweldade verantwoordelik was, en wie se belange
spesifiek deur Mandela in die buiteland bevorder is. In 1963 is
hulle by Lilliesleaf gevang, en tydens die Rivonia-verhoor aan
hoogverraad skuldig bevind en lewenslank gevonnis.
Die ANC en PAC was tydens die sestigerjare direk
verantwoordelik vir die studente-onrus, waar veral Steve Biko en
die swart bewussynsbewegings die leiding geneem het. Dit het
gekulmineer in die 1976 Soweto-opstande.
Die terroriste het in Suid-Afrika se buurlande skuiling gevind.
Dit was egter veral die onafhanklikwording van Mosambiek en
Angola wat aan hulle basisse verskaf het, maar die hoof
deurgangsroete het Swaziland gebly.
Die aanslag het uit vier fases bestaan: vestiging van
ondergrondse strukture, massa mobilisasie, gewapende offensief,
en isolering van Suid-Afrika. Dit was egter die derde fase, die
"people's war" wat in 1983 in Sechaba uiteengesit is, wat die
fisiese aanval op veral burgerlike teikens verduidelik het.
Benewens geweld sou vakbonde, anti-apartheidstrukture en massa-
optrede 'n belangrike deel van die aanslag uitmaak.
Halssnoermoorde veral op hul eie mense het tussen 1984 en 1989
sy verskyning gemaak, en 399 mense het so gesterf, terwyl 372 in
hulle huise doodgebrand het na petrolbomaanvalle. Chris Hani het
daaroor gesˆ: "Die halssnoer was 'n wapen... om hierdie kanker
(samewerkers met die polisie) uit ons samelewing te verwyder...
om die lokasies van hulle te suiwer... Ek weier om ons mense te
veroordeel wanneer hulle op tradisionele wyse die reg toepas op
diegene wat saamwerk."
Tussen 1976 en 1983 is 362 gevalle van geweld teen Suid-Afrika
aangeteken waarvan helfte dade van sabotasie was. Agt word
ge‹dentifiseer, waaronder die aanvalle op die Carlton Hotel,
Sasol I, Natref, Sasol II, Voortrekkerhoogte, Koeberg, en die
Kerkstraatbom.
Tussen 1983 en 1985 het die aanslag sigbaar verskuif na
burgerlike teikens. Daar was ongeveer 200 aanvalle. Daarop is
die aanslag sigbaar verskerp: 1985-86 - 245; 1986-87 - 208; 1987-
88 - 245; 1988-89 - 315. Dit sluit in aanvalle op plase,
reisigers op veral plaaspaaie, winkelsentrums, motorbomme,
Wimpies en polisie en weermagvoertuie.
Sedert die ontbanning van die terroriste-organisasies in 1990
en die begin van die onderhandelingsproses, het die ANC en ander
die geleentheid gekry om van binne Suid-Afrika hulle veldtog van
moord en terreur voort te sit. Hulle het die situasie veral
misbruik om die magsbasisse van ander organisasies te ondergrawe.
Die eerste agt maande van 1990 was daar 181 gevalle waar veral
MK by betrokke was. Sedert 1991 het dit verder toegeneem, en het
die ANC hom daarop toegespits om "bevryde gebiede" binne die
lokasies tot stand te bring. Dit was opsigtelik 'n rewolusionˆre
aanslag op Suid-Afrika. MK het veral vanuit die Transkei as
basis geopereer.
Intussen was die PAC net so aktief, en was hulle
verantwoordelik vir die opsienbarendste aanslae, soos die St
James Kerk-slagting, en aanvalle op burgerlike teikens in
Queenstown, King Williamstown, Oos-Londen en die Heidelberg
Taverne in Kaapstad.
Die militˆre aanslag was tussen 1984 en 1989. Toe is 48 000
gevalle van onrus en opstand aangemeld. Toe is 7187 huise
afgebrand (waarvan 1084 van polisiemanne), 1265 winkels en
fabrieke vernietig, 81 kantore in puin gelˆ, asook 66 poskantore,
49 kerke, 29 klinieke, 12 188 privaatvoertuie, 4 450
polisievoertuie en 152 treine. Meer as R90 miljoen se skade is
aangerig, 399 mense met die halssnoer gedood, 372 in hulle huise
verbrand, 271 skole in September 1985 elke dag geboikot, 351 in
April 1986, en 219 in Augustus 1986.
Nogtans was daar 'n sterker toename tussen 1990 en 1994. Dit
was hoofsaaklik as gevolg van politieke geweld in Natal.
Ontwrigting van plaaslike owerhede het toegeneem van 202 wat
in 1985 gefunksioneer het en 34 wat tot stilstand gekom het, tot
75 wat in 1993 gefunksioneer het tot 194 wat ontwrig is.
Vanaf September 1990 tot 31 Augustus 1994 is altesaam 12 921
mense om die lewe gebring as gevolg van die optrede van die
terroriste.
Hierdie prentjie is uiters insiggewend, en dit is nie te
verbaas dat dr. Alex Boraine van die Tutu-kommissie so heftig
gereageer het op genl. Mortimer se verslag nie. Hierdie verslag
is vir Tutu en sy kommissarisse 'n groot verleentheid. Hulle kan
dit nie ignoreer, en slegs voortgaan met die vervolging van mense
uit die veiligheidsmagte uit die vorige era nie.
Vorige onderwerp: ARME PA
Volgende onderwerp: 'n interprovinsiale Kanadese eksperiment
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 08:59:09 UTC 2024