Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » ANC-jeugliga beplan massa-aksie
ANC-jeugliga beplan massa-aksie [boodskap #120018] Wo, 21 September 2011 10:24
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Note, historically the mines were in the hands of Anglo,American and
Anglo-American corporations. SA has seen very little of its own wealth
except a fraction through mine-taxes.
===
ANC-jeugliga beplan massa-aksie

Johannesburg – Die ANC-jeugliga sal in Oktober die strate invaar om
die nasionalisering van myne en 'n gelyke aandeel in die land se
minerale hulpbronne te eis, het Floyd Shivambu, woordvoerder, Woensdag
gesê.

"Die ANCYL neem dié stap weens ons sterk oortuiging dat die beterskap
van Suid-Afrikaners se lewens nie in raadsale en eindelose
onderhandelings met Capital gaan gebeur nie," het Shivambu in 'n
verklaring gesê.

Die mobilisering – wat vir 27 en 28 Oktober beplan word – sal by die
Kamer van Mynwese begin, beweeg tot by die Johannesburgse aandelebeurs
en dan sal hulle 'n nagwaak hou by die Uniegebou in Pretoria.

Die liga sal ook 'n versoekskrif aan owerhede oorhandig. Hulle eis
gratis onderwys, die onmiddellike afskaffing van arbeidsmakelaars,
werksgeleenthede vir die jeug, beter behuising en sanitasie vir mense
in informele nedersettings en toegang tot water.

"Dit is hoogtyd dat ons alle Suid-Afrika se jeug en progressiewe magte
mobiliseer om werksgeleenthede en 'n gelyke aandeel van Suid-Afrika se
rykdom eis van groot sake-ondernemings en korporasies, wat tot nadeel
en uitsluiting van die histories benadeeldes bevoordeel word."

Alle takke van die ANCYL regoor die land sal na verwagting hul
gemeenskappe mobiliseer en na Johannesburg reis vir die opgtog.

Geen provinsiale optogte word beplan nie

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/ANC-jeugliga-be plan-massa-aksie-20110921
Vorige onderwerp: Zuma vlieg in peperduur straler na Amerika
Volgende onderwerp: 100 Million to be spent on 'struggle heroes' monuments and museum
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:05:47 MGT 2024