Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 'Skiet die Boer' ís haatspraak, beslis hof
'Skiet die Boer' ís haatspraak, beslis hof [boodskap #120016] Ma, 12 September 2011 10:41
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
'Skiet die Boer' ís haatspraak, beslis hof

Amy Johnson
Kaapstad – Regter Colin Lamont het Maandag in die Suid-Gautengse
hooggeregshof in Johannesburg beslis dat die sing van die woorde
'Skiet die Boer' haatspraak is.

Hy het dit beskryf as 'n saak van "sosiale konflik".

Lamont het gesê die teikengroep van die lied 'Skiet die Boer' sluit
Afrikaners in, hoewel hulle nie altyd by politieke saamtrekke
teenwoordig is nie.

Hy het gesê daar was geen reaksie op die sing van die struggle-lied
tot die media dit nie begin vertaal het nie.

Lamont het verder in sy uitspraak gesê onregverdige diskriminasie is
steeds diep gewortel in sekere strukture van die samelewing, maar kan
nie regverdig word nie.

Malema het nie die hofverrigtinge bygewoon nie.

Lamont het gesê rassediskriminasie van een groep of gemeenskap oor 'n
ander kan nie regverdig word nie.

Hy het gesê sedert apartheid was transformasie in Suid-Afrika moeilik
vir sommige mense. Hy het gesê apartheid het 'n diep verdeelde
samelewing geskep.

"Op grond van die bewyse voor my, sal die sosiale wrywing wat
gepaardgaan met verandering, vir 'n lang tyd aanhou."

"Die grondwet kan help om die diep ongelykhede wat in die Suid-
Afrikaanse samelewing heers, aan te spreek," het hy gesê.

Lamont het gesê haatspraak word verbied om ontwrigting, sielkundige
skade, die uitsluiting van minderheidsgroepe en politieke
disintegrasie te voorkom.

Hy het gesê minderheidsgroepe word verplig om die hof te nader om hul
regte te beskerm omdat haatspraak minderheidsgemeenskappe teiken.

Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANCYL, het vroeër aan die eNews-
kanaal gesê hulle sal die uitspraak tot in die hoogste hof beveg.

Talle ondersteuners van Malema en nuuskierige omstanders het die
verhoor in April bygewoon.

AfriForum en TLU SA het Malema voor die hof gedaag nadat hy op
verskeie geleenthede die woorde “Dubula iBhunu” (“Skiet die Boer”)
gesing het.

Daar word geglo dat dié woorde 'n bedreiging is vir
minderheidsgemeenskappe en die veiligheid van Afrikaners en boere
bedreig.

Malema en ander ANC-getuies het nie saamgestem nie en sê dit is deel
van die party se geskiedenis en moenie letterlik opgeneem word nie.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Skiet-die-Boer- is-haatspraak-beslis-hof-20110912
Vorige onderwerp: R180 milj. spandeer op huise vir ministers
Volgende onderwerp: Zuma vlieg in peperduur straler na Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:44:37 MGT 2024