Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Fisiese aanslag op Afrikaners
Fisiese aanslag op Afrikaners [boodskap #120000] Do, 11 Augustus 2011 13:42
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Fisiese aanslag op Afrikaners

Last Updated on Friday, 29 July 2011 11:23 Written by Webmaster
Friday, 29 July 2011 11:23


OASE doen reeds vir die afgelope jaar navorsing oor die fisiese
aanslag wat teen Afrikaners in die RSA gepleeg word. Die koerante en
tydskrifte is daagliks oorlaai met misdaadverhale in SA en daar is
geen Afrikaner in hierdie land of in die buiteland wat nie bewus is
van die ernstige probleme wat ons as volk ervaar nie. Trouens,
duisende Afrikaners het sedert 1994 die land verlaat as gevolg van
misdaad.

Suid-Afrika is naas Colombië die land met die hoogste moordsyfer in
die wêreld. Te midde van hierdie basies onvoorstelbare feite, weet ons
dat Afrikanerboere as spesifieke groep teen ’n tempo van vierhonderd
keer meer as ander in die RSA wreedaardig uitgemoor word. Wie sou dit
ooit in 1994 kon indink? Kort voor die uittrede van president P.W.
Botha het Nelson Mandela ’n onderhoud met hom gevoer in die Kaap,
terwyl mnr. Mandela nog in Polsmoor-gevangenis was. Tydens hierdie
onderhoud het pres. Botha dit aan mnr. Mandela gestel dat hy bereid
sou wees om hom vry te laat en deur middel van onderhandelinge ’n
skikkingsooreenkoms vir deelname aan die RSA-regering sou aangaan met
die ANC, mits mnr. Mandela geweld sou afsweer as deel van die ANC se
terreurbeleid vir die omverwerping van die RSA-regering van destyds.
Mnr. Mandela was egter nie bereid om geweld af te sweer nie.

Nadat oudpresident P.W. Botha onder druk van die links-liberales in sy
kabinet moes uittree, is hy deur mnr. De Klerk opgevolg en het
laasgenoemde besluit om die ANC, SAKP en ander terroriste-organisasies
te ontban en om mnr. Mandela onvoorwaardelik vry te laat met die oog
op ’n multikulturele demokrasie waarin almal in die land stemreg sou
kry. Mnr. Botha, wat toe reeds uitgetree het as president van die RSA
onder druk van mnr. De Klerk en links-liberale elmente binne die
Nasionale Party wat destyds die land regeer het, het daarna die
volgende vir mnr. De Klerk te sê gehad – “Mnr. de Klerk saal ’n perd
op wat hy nie sal kan ry nie”. Hierdie is ’n direkte aanhaling van dit
wat destyds in die media geskryf en gesê is. Alhoewel mnr. De Klerk ná
die demokratiese verkiesing van 27 April 1994 waaroor die wêreld
gejuig het, aanvanklik deelgeneem het aan ’n oorgangsregering, het hy
en sy links-liberale meelopers binne die NP baie gou weggeloop uit die
oorgangsregering nog voordat die termyn daarvan verstryk het. Mnr.
Marthinus van Schalkwyk, een van mnr. De Klerk se links-liberale
meelopers, het kort daarna die leierskap van die Nasionale Party
oorgeneem wat in 2000 opgeneem is in die Demokratiese Alliansie (DA),
en waarna mnr. Van Schalkwyk by die ANC aangesluit het en vandag die
Minister van Toerisme in die ANC se kabinet is. “Zoo zijn de Afrikaner
helden gevallen”!

En so sit Afrikaners vandag in een van die grootste krisisse in ons
volk se bestaan. Ons sit vasgevang as ’n minderheidsvolk met Westerse
waardestelsels en gedragspatrone binne-in die RSA-eenheidstaat waar
ons minder as 6% van die totale bevolking uitmaak. Ons kultuur word
nie net tot in die grond in afgetakel nie, ons word fisies uitgemoor
tot die mate dat dr. Gregory Stanton van die internasionale
organisasie, Genocide Watch, die moord op Afrikanerboere pas opgestoot
het na vlak 6 van 8 moontlike vlakke van volksmoord (genocide).

Die toestand het al so versleg dat baie Afrikaners teen hierdie tyd
tipiese sielkundige gedragspatrone begin vertoon en waar hulle in ’n
fase van totale ontkenning of vermyding verkeer, met die hoop dat die
gruweldade wat ander Afrikaners beleef nie ook hulle te beurt sal val
nie. Hierdie sielkundige gevolge van omstandighede waarin Afrikaners
vandag verkeer, stem ooreen met wat die Jode onder die Nazi’s in
Duitsland ervaar het toe 6 miljoen van hulle uiteindelik in
konsentrasiekampe aan blootstelling dood is of in gaskamers op
georganiseerde wyse uitgemoor is. Veral Afrikaners se bejaardes en
swakkes is die trefbaarste teikens van die misdaadaanslag teen
Afrikaners, waarvan die daders basies in alle gevalle Afrikane is.

Die media, wat deur die links liberale elite, die ANC en sy bondgenote
beheer word, waarsku Afrikaners nie teen dit wat werklik gebeur in
Suid-Afrika nie. Ons navorsing het sulke gruwelike bewyse van
volksmoord gevind, dat ons aanvanklik nie van plan was om dit vir
lesers beskikbaar te stel nie. Na mate ons navorsing gevorder het, het
ons besef dat ‘fear appeal’ dikwels ’n aweregse gevolg het waar mense
nie ag slaan op die werklikheid nie, omdat hulle dit as ’n soort
beskermingsmeganisme gebruik om hulle te weer teen die werklikheid.
Baie Afrikaners raak uiters gefrustreerd met hierdie gedragspatrone
van hul mede-Afrikaners, maar OASE doen ’n ernstige beroep op diegene
wat gefrustreerd raak om nie te dink dat die volstruise onder ons nie
ook vryheid vir ons volk nastreef nie. Hulle verkies net om nie met
die daaglikse realiteit gekonfronteer te word nie, want dit bied aan
hulle die geleentheid om met hul daaglikse lewe te ‘cope’. OASE beywer
hom dus vir eenheid onder alle Afrikaners wat vryheid nastreef en wat
wil ontsnap aan die barbaarse omstandighede waarin ons onsself bevind
sedert 1994.

Ons kon daarin slaag om twee persone persoonlik te ontmoet wat dit
hulle lewenstaak maak om die volksmoord op Afrikaners aan die kaak te
stel en dit die hele wêreld in te dra. Die aanslag wat hierdie twee
mense al moes verduur is ondenkbaar en hieroor alleen kan boeke
geskryf word. Gelukkig het hulle daarin kon slaag om alle aanslae af
te weer en om webblogs aan die gang te hou waardeur hulle die hele
wêreld in kennis stel van Suid-Afrika se gruwelike werklikhede.
Hierdie twee persone, vir wie Afrikaners in hul nuwe soewereine staat
eendag groot standbeelde kan oprig, is Adriana Stuijt in Nederland en
Pieter Oosthuizen in Suid-Afrika.

OASE volstaan hierby wat betref die fisiese aftakeling van Afrikaners
in die multikulturele eenheidstaat waaraan mnr. De Klerk en sy links-
liberale meelopers ons uitgelewer het. Trouens, mnr. De Klerk het sy
eggenote van meer as 40 jaar geskei en met ’n Griekse vrou getrou
waarop hy verlief geraak het en met wie hy in ’n verhouding geleef het
toe hy as president van die RSA sy eie volk se vryheid weggeteken het.
Intussen is sy vorige eggenote, mev. Marike de Klerk, self op
wreedaardige wyse in haar huis in die Kaap deur ’n swart
sekuriteitswag vermoor. Vir die van u wat dit interessant vind, mev.
De Klerk is langs haar vader, prof. Willemse, in die Rebeccastraat-
begraafplaas in Pretoria begrawe.

Ons waarsku lesers wat nie daaraan gewoond is om na sensitiewe beelde
te kyk of dit te hanteer nie, om tog maar steeds hierdie webblogs te
besoek, maar om dan nie verder op skakels te gaan kyk wat gruwelike
beelde van werklike gebeure uitbeeld nie.

http://www.censorbugbear.org/
http://www.farmitracker.com/

ONS DOEN OOK ’N BEROEP OP LESERS VAN HIERDIE ARTIKEL OM NIE KRUTAAL OF
SKELDWOORDE TE GEBRUIK WANNEER HULLE KOMMENTAAR DAAROP LEWER NIE. Kom
ons wys vir die res van die wêreld dat ons ’n beskaafde volk is wat
nie net uit ’n klomp vuisswaaiende of vloekende mense bestaan nie,
want dan verlaag ons onsself in die oë van die wêreld tot dieselfde
vlak as die barbare waarvan ons die slagoffers in SA geword het. Ons
het die steun van die buiteland broodnodig en OASE werk baie hard
hieraan. Moenie ons kanse op internasionale steun beduiwel nie, dit
kan uiteindelik ons volk se vryheid kos.

http://www.oase-ekspedisie.com/fisiese-aanslag/fisiese-aansl ag-op-afrikaners
Vorige onderwerp: Boer sleep swartman agter voertuig - HET NIE GEBEUR NIE
Volgende onderwerp: R180 milj. spandeer op huise vir ministers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:30:11 MGT 2024