Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Regter: Lindley-moorde 'wreed, barbaars'
Regter: Lindley-moorde 'wreed, barbaars' [boodskap #119986] Wo, 15 Junie 2011 10:44
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Regter: Lindley-moorde 'wreed, barbaars'
2011-06-15 12:07

Bloemfontein – Regter George Wright het Woensdagoggend in die verhoor
van die ses mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Potgieter-
gesin op hul plaas vermoor het, gesê dit is een van die wreedste en
mees barbaarse sake wat die hof nóg hanteer het.

Dít was in verwysing na die nadoodse verslag van die vermoorde boer
Attie Potgieter.

Wright het deur die getuienis van ondersoekbeamptes, forensiese
kenners, die familie van die beskuldigdes en die familie van die
slagoffers gegaan.

Die openbare galery was vol gepak met familie en bure van die
slagoffers sowel as dié van die beskuldigdes.

Potgieter, sy vrou en hul tweejarige dogter is op 1 Desember op hul
plaas Tweefontein in Lindley vermoor.

Drie van die beskuldigdes het op die plaas gewerk, terwyl die ander
drie van 'n township in Lindley afkomstig is.

Die beskuldigdes het Woensdagoggend uitdrukkingloos na die uitspraak
geluister.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Regter-Lindley- moorde-wreed-barbaars-20110615
Vorige onderwerp: Deurlopende plaasaanvalle
Volgende onderwerp: Michelle Obama, gesant van anti-wit Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 21:25:33 MGT 2024